(navigation image)
Home American Libraries | Canadian Libraries | Universal Library | Community Texts | Project Gutenberg | Children's Library | Biodiversity Heritage Library | Additional Collections
Search: Advanced Search
Anonymous User (login or join us)
Upload
See other formats

Full text of "Aardrykskunde Graad 7"

Aardrykskunde Graad 7 



By: 

Siyavula Uploaders 



Aardrykskunde Graad 7 



By: 

Siyavula Uploaders 



Online: 

< http://cnx.Org/content/colll020/l.l/ > 



CONNEXIONS 

Rice University, Houston, Texas 



This selection and arrangement of content as a collection is copyrighted by Siyavula Uploaders. It is licensed under 

the Creative Commons Attribution 3.0 license (http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/). 

Collection structure revised: September 9, 2009 

PDF generated: February 6, 2011 

For copyright and attribution information for the modules contained in this collection, see p. 84. 



Table of Contents 



1 Kwartaal 1 

1.1 Oorstromings/vloede 1 

1.2 Tropiese siklone 4 

1.3 Aardbewings 10 

2 Kwartaal 2 

2.1 Vulkane 19 

2.2 Droogtes 25 

2.3 Faktore wat groei en verandering beinvloed 32 

3 Kwartaal 3 

3.1 Hoekom mense migreer 41 

3.2 Hoe is die demografie van die wereld op die langtermyn deur migrasie beinvloed 50 

3.3 Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGS 56 

4 Kwartaal 4 

4.1 Die lees, ontleding en vertolking van topografiese kaarte 69 

4.2 Die lees, ontleding en vertolking van topografiese kaarte 73 

4.3 Rigting en kontoerlyne 77 

Attributions 84 



IV 



Chapter 1 

Kwartaal 1 



1.1 Oorstromings/vloede 1 

1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

1.1.2 Graad 7 

1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 

1.1.4 Module 1 

1. Oorstromings/vloede 

1.1 Die voorkoms en ontstaan van oorstromings 
1.1.1 Wat is 'n oorstroming? 

Dit ontstaan wanneer daar 'n oormaat water is. Grond wat nie normaalweg deur water bedek is nie, 
word tydens 'n oorstroming deur water bedek. 

Dit gebeur soms dat 'n jarelange droogte skielik deur swaar, aanhoudende reen beeindig word. Sulke 
rampe lok dan vrae uit soos: Is die klimaat besig om te verander? 

1.1.5 Aktiwiteit 1: 

1.1.6 Om 'n sekere opinie oor 'n geografiese verskynsel te huldig 

1.1.7 [LU 2.1] 

• Wat is jou opinie omtrent die stelling dat die klimaat van die aarde besig is om te verander? Skryf 'n 
paragraaf daaroor. 

1.1.2 Waar kom oorstromings voor? 

Bestudeer figuur 3 ('n wereldkaart van waar die meeste ernstige oorstromings al voorgekom het) op bl. 
10. 

Jy sal opmerk dat die meeste oorstromings in Indie, China, Noord- en Suid-Amerika voorkom. Tog 
kan oorstromings in feitlik enige omgewing voorkom waar water is. Selfs in woestyne kan ernstige oorstro- 
mings voorkom. Onthou dat daar verskillende oorsake vir vloede is en hierdie oorsake bepaal WAAR die 
oorstromings gaan voorkom. 



lr This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24409/l.l/>. 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



AANTAL VLOEDRAMPE PER LAND: 1 974 ■ 2003 




Aantal Onrstrnmings 



Figure 1.1 



1.1.3 Wat veroorsaak oorstromings? 

Water wat dele van die aarde oorstroom, kan verskillende oorsake he, soos die volgende: 

• Sneeu wat smelt, bring meer water in riviere mee. 

• Uitsonderlike hoe reenval in 'n area laat riviere hulle walle oorstroom. Hierdie soort reenval kom 
gewoonlik voor in die vorm van storms, siklone en moesonreen (Indie). Voorbeelde hiervan in Suid- 
Afrika was die Laingsburg-oorstroming, asook sikloon Demoina, wat Natal getref het. 

• Damme en/of oewerwalle wat meegee of oorloop. 

• Grondverskuiwings, aardbewings en vulkane kan riviere en ander watermassas ontwrig en tot oorstro- 
mings lei. 

• Oorstromings langs kuste word veroorsaak deur reusagtige seegolwe (tsunami's) wat deur aardbewings 
op die seebodem veroorsaak word. Meer hieroor as ons aardbewings bestudeer. 

1.2 Die uitwerking (gevolge) van oorstromings op die lewens van mense en hulle sosio-ekonomiese aktiwiteite 
Menslike bedrywighede kan nie oorstromings veroorsaak nie, maar mense kan op indirekte wyse die 
omvang en skade daarvan vererger, soos hieronder verduidelik word. 



a) Onnadenkende gebruik van die grond as gevolg van 

• ontbossing 

• oorbeweiding 

• gronderosie. 

Natuurlike plantegroei en hulle wortels word dus vernietig en dit kan nie meer die bogrond vashou as daar 
swaar reen val nie. Die reenwater word ook nie maksimaal deur die grond absorbeer nie. Reenwater loop 
dus vinniger af en neem die bogrond saam. Riviere en damme slik as gevolg hiervan toe. 

a) Die bou van paaie, geboue en kanale veroorsaak ook die vernietiging van die natuurlike plantegroei. 

b) Huise word soms op minder geskikte en selfs gevaarlike terreine gebou, waar oorstromings kan voorkom. 

'n Voorbeeld van so 'n oorstroming in Suid-Afrika. 

Op 30 September 1987 het 'n geweldige tropiese storm oor Natal gewoed. Minstens 180 mense is dood. 
Plakkershuise het in hulle duisende in die reen verkrummel. Ander se dakke is afgeruk en huise is ernstig 



beskadig. Seweduisend gesinne is in een dag koud, honger en dakloos gelaat. Die meeste brue en paaie is 
weggespoel en reddingswerkers kon nie per vragmotor hulp aanbied nie. Daar was geen elektrisiteit beskikbaar 
nie, asook geen riool- en kraanwater nie. Alle pypstelsels is deur die vloedwater vernietig. Besighede het 
tot stilstand gekom en geweldige finansiele verliese is op ekonomiese gebied gely. Boere het ook hul oeste en 
diere verloor. Alle ryk bogrond het weggespoel en dit sal jare neem om weer te herstel. Plaasdamwalle het 
gebreek en alle heinings is meegevoer. Herstelwerk het natuurlik geweldige finansiele implikasies gehad. 

Lyke van mense en diere het oral rondgele en 'n gesondheidsrisiko het ontstaan. Water is ook hierdeur 
besoedel en nog 'n gesondheidsgevaar het sy kop uitgesteek - cholera. 

'n Soortgelyke situasie het voorgekom tydens die vloed by Laingsburg op 25 Januarie 1981. 

1.1.8 Aktiwiteit 2: 

1.1.9 Om 'n lys op te stel van hoe oorstromings mense raak 

1.1.10 [LU 2.1] 

• Gaan lees koerantberigte oor hierdie en ander oorstromings wat in die afgelope tyd voorgekom het. 
Maak jou eie volledige lys van die GEVOLGE wat oorstromings op mense se lewens en hul sosio- 
ekonomiese aktiwiteite het 

1.3 Hoekom sommige mense 'n hoer risiko as ander is 

Baie dele in die ontwikkelende lande van die wereld se natuurlike omgewings is oorbenut en misbruik. 
Omdat arm mense net vir eie gebruik produseer en geen bemesting toepas nie, verarm die grond. Verkeerde 
besproeiingsmetodes vererger die situasie en die ryker bogrond word maklik deur vinnig vloeiende water 
weggevoer. Oeste verskraal en hongersnood staar die mense in die gesig. Geen wisselweiding word ook 
toegepas nie en die vee vertrap die natuurlike plantegroei .Vir hierdie mense le hul rykdom in die hoeveelheid 
vee wat hul besit en nie in die kwaliteit van die vee nie. Daar is dus te veel vee op 'n gegewe stukkie grond 
en die landskap word vernietig. Indien daar nou 'n oorstroming sou plaasvind, is daar geen natuurlike 
plantegroei om die water te stuit nie en alles word weggespoel. 

Wanneer voortbestaan op die platteland moeilik word, begin die mense na die stede migreer om werk 
te soek. Aangesien hulle arm is, gaan woon hulle in plakkerskampe. Hierdie plakkerskampe of informele 
nedersettings word gewoonlik aangetref op minder geskikte en selfs gevaarlike terrein. Sodra swaar reen val, 
is hierdie mense se huise, besittings en lewens in groot gevaar. Dink hier maar net aan die nat Kaapse Vlakte 
met sy derduisende woonhuise. 

1.1.11 Aktiwiteit 3: 

1.1.12 Om die invloed van oorstromings op woongebiede te bestudeer 

1.1.13 [LU 2.1] 

• Hoe dink jy sal oorstromings veral plakkerskampe bei'nvloed? 

1.4 Voorkomende maatreels: die bestuur van potensiele gevaar en gevaarvermindering 
Wat kan omtrent oorstromings gedoen word? 

Meestal is die antwoord op hierdie vraag: baie min. Mense kan egter voorsorg tref om te probeer om die 
risiko van oorstromings in die toekoms te verminder. Hier volg n paar moontlikhede: 



• 



Installeer vloedwaarskuwingstelsels by belangrike riviere waar groot bevolkingsgetalle betrokke is. 



• Bou dyke, vloedwalle en keerdamme om te help om die vloei van water te beheer. 



Verander die vloeikanale van riviere - lei byvoorbeeld die riviere van bewoonde areas af weg. 

Pas streng regulasies toe in verband met bougebiede, boukodes en bouvereistes. 

Voed mense op om die natuurlike omgewing versigtig en verstandig te gebruik. Gee veral aandag aan 

opleiding met betrekking tot boerderytegnieke wat natuurvriendelik is. 



4 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

• Stabiliseer rivierwalle. 

• Beheer en verbeter slote wat ernstige tekens van erosie toon. 

• Doen aanplantings op kaal gebiede. 

• Monitor weervoorspellings deeglik en tref die nodige voorsorgmaatreels waar moontlik. 

Baie van die bogenoemde voorsorgmaatreels kos baie geld om toe te pas en is nie altyd uitvoerbaar nie. 
Ontwikkelende lande het nie die geld hiervoor nie en oplossings is dikwels onwaarskynlik. Dus bly die 
invloed van oorstromings daar 'n wesentlike probleem. 

1.1.14 Aktiwiteit 4: 

1.1.15 Om oplossings te soek wat oorstromings voorkom 

1.1.16 [LU 2.3] 

• Kan jy aan enige ander moontlike oplossings dink hoe oorstromings voorkom kan word? 

1.1.17 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew- 
ingskennis en -begrip te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en 
die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on- 
dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en 
hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. 



Table 1.1 

1.2 Tropiese siklone 2 

1.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE 

1.2.2 Graad 7 

1.2.3 NATUURGEVARE 

1.2.4 Module 2 

1.2.5 TROPIESE SIKLONE 
1. Tropiese Siklone 

2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24418/l.l/>. 



• Die voorkoms en ontstaan van tropiese siklone 




Rampgebiede van die wereld 
O vulkane JO) siklone/orkane 



aardbewings 



•;."•;•, droogtes 



Figure 1.2 



Geen weerverskynsel is meer skrikwekkend en vernietigend as 'n tropiese storm nie. In Amerika word dit 
orkane genoem, in Asie tifone, in Suid-Afrika tropiese siklone en in Australie Willie-willies. 

Kenmerke van tropiese siklone 

Hulle ontwikkel oor die warm, tropiese oseane naby die ewenaar. Die warm, tropiese seewater verhit die 
lug wat daarop rus tot temperature van ±27 °C. Die hoe verdamping maak die lug ook baie vogtig. Die 
hoofkenmerk van die tropiese oostewinde is dus dat hulle warm en vogtig is. Dit veroorsaak dat die lug oor 
die oseane vinnig opstyg en 'n intense laagdruk ontstaan. Die konveksiestrome begin in 'n spiraal draai en die 
spoed daarvan neem toe. Verdere styging, kondensasie en die vorming van cumulus en cumulonimbuswolke 
ontstaan. Die wenteling van die aarde om sy eie as laat die wolkmassas sirkel om 'n reusagtige, wentelende 
storm te vorm. 

In die middel van hierdie sikloonsentrum is daar 'n oog van kalm, wolklose weer wat sowat 35 - 50 km 
breed kan wees. Lugdruklesings hier is onder 1 000 hPa. Direk om die oog woed stormwinde van 120 - 280 
km/h. Stormweer kan tot 200 km vanaf die oog voorkom en kan vir 'n paar uur of selfs dae lank duur. Hulle 
beweeg stadig vorentoe (15 - 20 km/h) en begin afneem in geweld sodra dit landoppervlak of koeler water 
bereik. Geweldige verwoesting, stortreen en vloedgolwe kom egter vir etlike dae aan kusgebiede van lande 
voor. 

Siklone het voorheen as gevolg van hulle wispelturigheid vrouename gekry om hulle uit te ken. Deesdae 
kan 'n mansnaam ook gebruik word, soos die hewige tropiese sikloon "Hugo" wat in 1989 die ooskus van 



6 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

Amerika getref het. 

Dit word op 'n weerkaart aangedui deur ronde isobare wat naby mekaar gelee is om die oog. Die oog 
word ook met die simbool " 



Figure 1.3 



" voorgestel. 




INFERENCE 

Isolated thundershowers can occur east of the 
trough of low pressure over the interior. It will 
generally remain fine and hot over most areas. 



AFLEIDING 

Enkele donderbuie kan oos van die trog van lae druk 

oor die binneland voorkom. Dit sal oor die algemeen 
baie warm bly. 



Figure 1.4 



Sinoptiese weerkaart 

1.2 Die uitwerking (gevolge) van tropiese siklone op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite 

Dit gebeur nie dikwels dat Suid-Afrika die voile geweld van 'n tropiese sikloon ervaar nie. Wanneer dit 
wel voorkom, saai dit net soveel verwoesting as in ander werelddele. 

Die grootste sikloon wat die kus van Suid-Afrika nog getref het, was die tropiese sikloon Demoina. Op 
25 Januarie 1984 het Demoina naby Maputo na die binneland geswaai. Die volgende twee dae het dit 
hewige storms, sterk winde en baie reen oor Suid-Afrika veroorsaak. Soveel soos 540 mm is in 24 uur 
aangeteken. Riviere in Noord-Natal het oorstroom. Dorpies naby riviere is heeltemal vernietig, brue het 



weggespoel en gewasse langs die riviere is verwoes. Skade aan suikerplantasies is beraam op R150 000 000. 
Minstens 200 mense het gesterf. Reddingspogings is belemmer omdat meeste brue en paaie weggespoel het. 
Stormsterkwinde het dit gevaarlik gemaak om helikopters te gebruik. Daar is selfs lyke en krokodille see-in 
gespoel. Siektes wat deur die water versprei is en hongersnood het die sterftesyfers verder laat styg. 

1.2.6 Aktiwiteit 1: 

1.2.7 Om oor die uitwerking van tropiese siklone navorsing te doen 

1.2.8 [LU 2.1] 

Maak 'n lys van alle gevolge van tropiese siklone nadat jy meegaande inligting oor Demoina gelees het. Gaan 
soek ook in koerante en ander bronne na artikels oor tropiese siklone en vul jou lys aan. 

Hoekom veroorsaak tropiese siklone meer vloedskade, maar rig betreklik min stormwindskade aan gebiede 
aan? Wat word met die "oog" van 'n tropiese sikloon bedoel? 

1.3 Hoekom sommige mense 'n hoer risiko as ander is 

In die ontwikkelde dele van die wereld rig tropiese siklone ook baie skade aan, maar dit is gewoonlik nie 
so rampspoedig nie. Kommunikasiestelsels is goed ontwikkeld en 'n baie hoe persentasie van die bevolking 
word bewus gemaak van die naderende gevaar. Hulle kan dus betyds voorsorg tref of die area verlaat. Ook 
is die konstruksie van hul huise en ander geboue van so 'n aard dat dit meestal die storms kan weerstaan. 

In die ontwikkelende areas van die wSreld kan 'n tropiese sikloon egter geweldige skade veroorsaak. 
Eerstens is die areas gewoonlik baie dig bevolk en geweldige lewensverliese kan ondervind word omdat meeste 
van die mense ook in die minder goeie of gevaarliker areas woonagtig is. Tweedens is hul huise ook van 'n 
swak konstruksie en word erg beskadig en selfs vernietig tydens so 'n storm. Derdens het die areas ook nie 
'n goeie infrastruktuur wat die uitwerking van so 'n ramp kan beperk of verminder nie. Gesondheidsorg en 
nooddienste kan nie vinnig genoeg by die mense uitkom nie. 'n Groot gedeelte van die sterftes wat voorkom, 
geskied eerder na die storm as daartydens. 

1.2.9 Aktiwiteit 2: 

1.2.10 Om die gevolge van siklone op menselewens te bekyk 

1.2.11 [LU 2.1, 2.3] 

1.4 Voorkomende maatreels: die bestuur van gevare en gevaarvermindering 

Hoewel wetenskaplikes oor 'n groot hoeveelheid kennis omtrent tropiese siklone beskik, kan daar eintlik 
baie min gedoen word om die skade te voorkom wat daardeur aangerig word. 

Tog is daar dinge wat gedoen kan word om die skade ietwat te verminder: 

Vroee waarskuwingstelsels van satelliete, radar en data van weerstasies word gebruik om die nadering 
van 'n tropiese sikloon te voorspel. 

Wolkbesaaiing, 'n proses wat die energie van die sikloon versprei en die windsnelheid verlaag, is redelik 
suksesvol. 

Beperking van die skade wat dit aanrig. Dit is sekerlik die beste manier om 'n storm te hanteer. Tipiese 
voorsorgmaatreels sluit die volgende in 

• Hortjies, vensters en deure word toegespyker. 

• Alle los voorwerpe word weggepak of aan swaar meubels en borne vasgebind sodat dit nie kan wegwaai 
nie. Rondvlieende voorwerpe rig gewoonlik baie skade aan en kan mense se dood veroorsaak. 

• Sandsakke word opgestapel in gebiede waar oorstromings verwag word om die grootste impak van die 
oorstroming te stuit. 

• Ontruiming van mense en hulle besittings uit die area. 



8 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

1.2.12 Aktiwiteit 3: 

1.2.13 Om planne te beraam om mense in 'n rampgebied te help 

1.2.14 [LU 2.3] 

1. Jy is die leier van 'n noodleningspan wat deur die Rooikruis na 'n tropiese sikloon-rampgebied gestuur 
word. Beraam 'n plan om die mense wat geraak is te help. Watter maatreels sal jy eerste tref ? Hoeveel tyd 
sal jou reddingsoperasie in beslag neem? 

2. Watter voorsorgmaatreels kan getref word om die uitwerking van tropiese siklone tot die minimum 
te beperk? Bestudeer die Amerikaanse Weerburo se sikloon-waarskuwingsplakkaat hiernaas om jou te help 
met jou antwoorde. 



Wanneer "n 





dreig ... 

Hon jou radio of TV aan . . . erf luistcr na 

die jongste advies van die Weerburo om 

jou lewe en eiendom te beveilig 



VOOR 

DIE WIND EN VLOED 



Maak tenk vol ... 

gaan battery en bande na. 



TYDENS 

DIE STORM 




Bou 'n drinkwatervoorraad op. 
Vergader voedsel wat nie hoef 
gekook of gevries te word nie. 





Hou 'n flitslig, noodhulpstel, 
brandblusser en battery- 
radio byderhand. 



Bere alle los voorwerpe weg: 
speelgoed, gereedskap, vullis- ~| 
blikke, sonskerme, ens. 
Spyker of plak alle versters toe 





Verlaat alle laagligende 
gebiede. 



, BLY BINNENSHUIS . . . Moenie om die bos gelei 
word wanneer die kalm "oog" regoorjou beweeg 
nie ... en moenie buite betrap word wanneer die 
orkaanwinde vanuit dieTEENOORGESTELDE 
rigting hervat nie. 

i Luister na jou radio of TV vir inligting van die 
Weerburo, Burgerlike Beskerming, die Rooikruis 
of ander owerhede. 




■ MOENIE OP DIE PAD GAAN NIE, tensydit 
noodsaaklik is. Pasop vir sypaadjies wat weg- 
gekalwe is en vir gebreekte kraglyne. 

, Rapporteer gebreekte kraglyne, waterpype of 
rioolpype aan die betrokke owerhede of aan die 
naaste polisieman. 

* Wees uiters versigtig om te verhoed dat brande 
uitbreek of om beserings a.g.v. vallende voor- 
werpe te voorkom. 

i Gebruik die telefoon slegs vir noodgevalle. 



U VERMOE OM NOODGEVALLE TE HAVTEER SAL 
AIVDERE EVSPIREER EN HELP 



V.S. DEPARTEMENT VAN HANDEL • WEERBURO 



Figure 1.5 



1,2,15 Assessering 



10 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew- 
ingskennis en -begrip te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en 
die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on- 
dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en 
hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. 



Table 1.2 

1.3 Aardbewings 3 

1.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

1.3.2 Graad 7 

1.3.3 NATUURGEVARE 

1.3.4 Module 3 

1.3.5 AARDBEWINGS 

1. Die voorkoms en ontstaan van aardbewings 

Een wetenskaplike wat self 'n sterk aardbewing ervaar het, het op 'n keer vertel dit het vir horn gevoel 
of die hele wereld 'n mat geword het wat 'n slag of wat goed geskud en toe weer neergegooi is. Die mense, 
die geboue, die berge - alles en almal was niks meer as stoffies in daardie mat nie, het hy gese. 

[uit Huisgenoot se Jongspan , 21 Mei 1987] 

Jy moet onthou dat die aardkors opgebou is uit groot plat rotsplate. Hulle is kilometers dik en dryf 
bo-op die dik, warm massa magma van die mantel. Hierdie bewegings is baie stadig en 'n mens kan dit nie 
voel nie. Die rotslae van die aardkors wat nader aan die mantel le, is warmer en buig maklik. Nader na die 
oppervlak van die aarde is die gesteentes kouer en dus harder. 

Waar die aardplate mekaar ontmoet, bots hulle of skuur hulle teen mekaar. Wat ook al die rede vir 
die bewegings in die rotse is, sal hulle nie net buig of plooi nie. Hulle breek letterlik af soos wanneer jy 'n 
stukkie hout in twee sal breek. Die aardkors kan vir 'n tyd lank die spanning en druk weerstaan wat deur 
die bewegings binne-in uitgeoefen word. Skielik kan dit nie verder plooi nie en breek af. 'n Verskuiwing van 
rotslae vind plaas en mense ervaar dit as 'n aardbewing. 'n Verskuiwingslyn word gevorm wat selfs bo-op 
die aardoppervlakte gesien kan word. 

Aardbewings duur slegs 'n paar minute en naskokke kom ook nog vir 'n tydjie daarna voor. 

Die bekende San Andreas- verskuiwingslyn loop dwarsdeur San Francisco in die Amerikaanse staat Kali- 
fornie. Miljoene mense woon hier en is bewus van die gevare. 

In figuur 5 word aangetoon hoe die reuse rotsblokke baie stadig by mekaar verby skuif (5-7 cm per 
jaar). As die kante aan mekaar vashaak (spanning word te hoog), skuif die rotse skielik en breek af. Die 
gevolg - 'n aardbewing het voorgekom. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24419/l.l/>. 



11 



Die San Andreasverskuiwingslyn 




Figure 1.6 



'n Seismograaf word gebruik om die sterkte van 'n aardbewing te meet 



12 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 




'n Eenvoudige seismograaf wat die sterkte van 

aardbewings aanteken. 

'n Pen wat aan 'n pendule vas is, trek 'n 

onafgebroke streep op 'n roterende tram wat van 

regs na links beweeg. 

Tydens 'n aardbewing trek die merker aan die 

pendule, wat slegs op swaartekrag reageer, 'n 

sig-sag-streep op die trom wat rondskud. 



Figure 1.7 



1.3.5.1 Aktiwiteit 1: 

1.3.5.2 Om 'n model van 'n aardbewing te bou 

1.3.5.3 [LU 2.1, 2.3] 

1. Maak 'n model van 'n aardbewing: Werk in groepe. Kry twee ewe dik houtplanke en plaas hulle 
langs mekaar. Maak boublokke van karton wat bakstene, huise of geboue voorstel. Plaas die boublokke oor 
die verskuiwingslyn (daar waar die twee houtplanke aanmekaar raak). Trek nou die planke weg van mekaar 
of in teenoorgestelde rigtings. 



13 



jfc 



PIqqs die boublokke oor die 2 houtplonke. 



boublokke 



houtplanke 



Die Resultaat 



weg van 



mekaar getrek 





houtplanke 



Figure 1.8 



2. Verduidelik wat presies met die blokke gebeur? 

3. Wat word die verskillende stukke (die twee houtplanke) waaruit die aardkors opgebou is, genoem? 

4. Wat dink jy kan gedoen word om geboue meer bestand teen aardbewegings te maak. Hou 'n groepbe- 
spreking en doen dan verslag aan die klas. 

1.3.6 Waar kom die meeste aardbewings dan voor? 

Aardbewings kom veral voor op die rand van die aardplate - daar waar die aardplate stadig na of van mekaar 
beweeg. Die bewegings veroorsaak dan aardbewings in die lande bo die rand van die plate. Lande wat in 
die middel van die plate le, word nie ernstig deur aardbewings bedreig nie. 

Suid-Afrika le in die middel van 'n aardplaat en sal dus nie sommer 'n groot aardbewing beleef nie. 
Nogtans is roeringe in die aardkors se mantel ook hier aanwesig. Dink maar aan die Bolandse aardbewings 
by Ceres in 1969, wat baie skade aangerig het, asook die aardbewings by Stilfontein in Maart 2005. 

In die volgende leereenheid oor vulkane sal jy op die kaart sien dat aardbewings en vulkane op dieselfde 
plekke voorkom. 

1.3.6.1 Aktiwiteit 2: 

1.3.6.2 Om op 'n wereldkaart die areas aan te dui waar aardbewings voorkom 

1.3.6.3 [LU 2.1] 

• Teken die wereldkaart af en dui op jou kaart slegs die areas aan waar aardbewings voorkom. Kleur dit 
dan rooi in. 



2. Die uitwerking (gevolge) van aardbewings op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite 
Lees die meegaande tydskrifartikel sorgvuldig deur. 



14 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

Jy loop so ewe rustig in 'n straat in jou stad of dorp en skielik begin die grond om jou golf soos 'n dam 
waarin 'n klip gegooi is. 

'n Vreeslike dreuning, byna soos 'n weeklaag, styg van die aarde uit op. Om jou tuimel die geboue soos 
kaarthuise inmekaar, en voor jou bars die teerstrate oop soos lang repe sagte, geskeurde karton. 

Spoorlyne buig en skeur, brue stort ineen, damwalle breek. Mense en motors val in die grootste skeure. 
Dit gaan weer toe, en hulle verdwyn vir altyd. Oral stort bakstene, betonblokke, balke en pilare neer op 
mense, wat heen en weer skarrel en skuilplek soek wat daar nie is nie. 

Brande breek uit omdat elektriese kabels en gaspype afgebreek word. Water stroom uit gebarste pype. 
Vensters se ruite het verbrokkel tot vlymskerp skerwe tussen die rommel om die ellende nog erger te maak. 
Alleraakligste natuurramp! Verskrikking soos die mens horn van die vroegste tye af ken. 'n Aardbewing! 

Huisgenoot, Jongspan, 21 Mei 1987. 

'n Aardbewing soos die is 'n baie ernstige ramp, maar gelukkig is almal nie so intens nie. Daar is omtrent 
elke 30 sekondes 'n trilling in die aardkors, maar slegs 500 per jaar word regtig gevoel. Gelukkig is dit slegs 
'n paar wat af en toe baie skade aanrig en duisende lewens eis. 

1.3.6.4 Aktiwiteit 3: 

1.3.6.5 Om die gevolge van aardbewings te bespreek 

1.3.6.6 [LU 2.1, 2.2] 

1. Lees die tydskrifartikel sorgvuldig deur. Bespreek in groepe die gevolge wat aardbewings het op: 

a) Die mens 

b) Die natuur 

2. Versamel foto's, prentjies en uitknipsels van aardbewings. Bring dit na jou klaskamer en hou 'n 
bespreking. Vul jou aantekeninge daarmee aan. 

3. Lees die volgende paragraaf oor Tsoenami's. Versamel kaarte, foto's en ekstra inligting oor die uiters 
vernietigende tsoenami wat op 26 Desember 2004 in Suid-Asie voorgekom het. Skryf 'n volledige verslag 
daaroor. 

Tsoenami — nog 'n gevolg van aardbewings! 

As die rotslae op die oseaanvloer skielik beweeg, word die oorliggende seewater ook bei'nvloed en 'n golf 
ontstaan in die see wat teen 800 km per uur kan beweeg. Sodra die golf die vlakker baaie van kusgebiede 
nader, dam dit hoer op en kan tussen 30 — 60 meter hoog wees. Dit rig baie ernstige verwoesting aan omdat 
hawens en dorpe langs die kus oorstroom en verwoes kan word. 

3. Hoekom sommige mense 'n hoer risiko as ander is 

As jy kyk na die wereldkaart (figuur 8 op p. 34) waarop die aardplate aangedui word, sal jy sien dat van 
die digsbevolkte areas van die wereld op van hierdie verskuiwingslyne voorkom. Geweldige lewensverlies kan 
dus voorkom, indien 'n aardbewing sou voorkom 

In ontwikkelde lande soos Europa, die VSA en Japan kan 'n aardbewing nog redelik hanteer word en 
verliese kan geminimaliseer word. Geboue, paaie en brue word spesiaal ontwerp en gebou om aardbewings 
te kan trotseer. Hierdie lande se infrastruktuur is uiters goed ontwikkel en daar bestaan doeltreffende 
gesondheidsorg- en mediese dienste wat onmiddellik beskikbaar is in noodtoestande. 

In die ontwikkelende dele van die wereld is dit egter 'n ander storie. Baie lewens word geeis en omtrent 
alle konstruksies word vernietig. Geboue is op die goedkoopste manier gebou en verkrummel eenvoudig onder 
die krag van n aardbewing. Duisende word dakloos, honger en beseer gelaat. Die infrastruktuur is van so 'n 
aard dat hulp nie betyds by die mense kan uitkom nie. Lyke begin ontbind en die drinkwater word besoedel. 
Dit veroorsaak weer siektes wat die dodetal verhoog. 



15 

1.3.6.7 Aktiwiteit 4: 

1.3.6.8 Om die redes te bespreek waarom mense in gebiede woon waar aardbewings voorkom 

1.3.6.9 [LU 2.2] 

1. Hoekom besluit mense om te woon in gebiede waar daar aardbewings is? Dink goed hieroor na en gee 
dan jou eie opinie. 

2. Waar sal jy wegkruip as 'n aardbewing jou omgewing tref? 

4. Voorkomende maatreels: die bestuur van gevare en gevaarvermindering 

Kan aardbewings voorspel word? 

Ongelukkig is dit nie honderd persent moontlik nie. Tog word intense studies van die aardkors gedoen 
en sensitiewe instrumente verklik die kleinste beweging wat in die aardkors voorkom. 

Wetenskaplikes gebruik spesiale metodes en toerusting, byvoorbeeld seismograwe, om aardbewings te 
bestudeer en te probeer voorspel. Seismograwe kan enige beweging van die aardkors waarneem. Indien 
voorskokke voorkom, kan wetenskaplikes bewus word van aktiwiteite in die aardkors en waarskuwings kan 
betyds uitgereik word. Sekere satelliete is ook in staat om bewegings van die aardkors waar te neem en 
sodoende kan waarskuwings ook uitgereik word. 

Ander "onwetenskaplike" metodes van waarskuwing kan ook nuttig wees om moontlike aardbewings te 
voorspel, byvoorbeeld: 

• die verandering in die watervlak van ondergrondse bronne, soos die van 'n waterput; 

• die skielike vreemde gedrag van diere. 

Die moontlike suksesvolle voorspelling van aardbewings help dat waarskuwings gegee kan word sodat ontru- 
iming betyds kan geskied. Sodoende word lewensverliese beperk. Of almal na die waarskuwings luister, is 
natuurlik 'n ope vraag. 

Onthou net - alle aardbewings kan nie voorspel word nie , want dit gebeur te vinnig - sonder enige 
voorskokke of voortekens. 

1.3.6.10 Aktiwiteit 5: 

1.3.6.11 Om 'n lys van noodmaatreels in geval van 'n aardbewing op te stel 

1.3.6.12 [LU 2.3] 

Verbeel jou jy bly in 'n area waar daar baie aardbewings voorkom ('n swak plek in die aardkors). 

Stel 'n lys met noodmaatreels op wat gedoen kan word voor, tydens en na 'n aardbewing voorgekom het. 

Teken 'n wereldkaart af en dui op jou kaart slegs die areas aan waar aardbewings voorkom. Kleur dit 
dan rooi in. 

1.3.7 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



continued on next page 



16 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew- 
ingskennis en -begrip te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en 
die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on- 
dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en 
hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. 



Table 1.3 



1.3.8 Memorandum 

Aktiwiteit 1: 

1. Bou 'n model. 

Die onderwyser moet sorg vir twee ewe dik houtplanke en 7 - 9 boublokke wat uit karton gemaak word. Volg 
die aanwysings soos uiteengesit in Leereenheid 4, bladsy 5, om die eksperiment uit te voer. 

1. Sodra die planke weg van mekaar af, in teenoorgestelde rigtings, getrek word, begin die boublokke ook 
skuif. As die beweging van die planke verder aanhou, tuimel die boublokke inmekaar. 

2. Die twee houtplanke verteenwoordig twee verskillende aardkorsplate, waaruit die aardkors opgebou is. 

4. Sien uitknipsel oor aardbewings en ontwerp van geboue en voeg hier in as die memo asseblief. Leerders 
kan ook hul eie opinie gee. (Sien saamgestuurde nota vir antwoord.) 

Aktiwiteit 2: 

Laat leerders die wereldkaart afteken. Die onderwyser kan ook 'n buitelynkaart van die wereld aan 
leerders voorsien. Leerders dui in rooi aan waar aardbewingsareas in die wereld voorkom. 

Aktiwiteit 3: 

1. a) Die mens: 

Baie mense sterf of word ernstig beseer. 

Miljoene rande se skade word aangerig. 

Geboue stort ineen of groot skade word aangerig. 

Teerstrate "buig" en skeur oop. 

Spoorlyne buig en ruk uitmekaar. 

Brue stort ineen. 

Damwalle breek. 

Brande breek uit omdat elektriese kabels en gaspype afgebreek word. 

Kragonderbrekings dompel die area in duisternis. 

Water stroom uit gebarste pype en veroorsaak oorstromings en 'n tekort aan vars water. 

Rioolpype breek af en veroorsaak besoedeling wat weer gesondheidsgevare inhou. 

Telefoonverbindings word verbreek. 

Bergpasse word versper as gevolg van rotsstortings. 

Die land se ekonomie kry 'n groot terugslag. Internasionale hulp word benodig vir heropbou. 

1. b) Die natuur: 



17 

• Rivierlope se vloeipatroon verander as gevolg van die verskuiwing. Die natuurlike omgewing word dus 
ook sodoende verander. 

• Bogrond teen berghange skud los en skuif teen helling af. Mense en geboue word hierdeur verswelg. 

• Die natuurlike plantegroei word sodoende vernietig en kan baie jare neem om te herstel. Intussen 
veroorsaak die afwesigheid van plante teen die kaal hellings weer erosie. 

• Oorstromings rig verwoesting aan in laagliggende gebiede, indien 'n aardbewing onder die see voorkom 
en 'n tsoenami veroorsaak. 

• Leerders bring foto's, prentjies en uitknipsels oor aardbewings na die klaskamer. Bespreek dit en vul 
aantekeninge aan. 

3. Tsoenami's Die Suid-Asie tsoenami van 26 Desember 2004. 
Studente versamel inligting hieroor 

Sien webblad http:/iri.Ideo. Columbia. edu-lareef/tsunami 
Aktiwiteit 4: 
1. Hoekom bly mense in die areas? 

• Aardbewings is nie 'n alledaagse verskynsel nie. 'n Sekere area word dalk een keer in 'n leeftyd deur 
'n aardbewing getref en mense vat dus die kans en hoop dat dit nie met hulle sal gebeur nie; 

• Baie van die "gevaarlike areas "is ook die tuiste van groot industriele en finansiele sentrums. Daar is 
baie werk en moontlike welvaart vir mense daar. Finansiele implikasies speel dus 'n belangrike rol; 

• Tradisioneel woon geslagte al lank daar (veral in ontwikkelende lande ) en hulle verskuif nie maklik 
nie. 

2. Wat om te doen tydens 'n aardbewing. 
Daar is baie raad en wyshede hieroor: 



Beweeg so gou as moontlik uit die gebou. 

As jy in 'n hoe gebou bly, beweeg so gou as moontlik na die boonste vlak, sodat die gebou nie op jou 

insak nie. 

Bly weg uit die hysers van hoe geboue. Jy kan daarin vasgekeer word. 

Skuil onder 'n sterk betonbalk, indien beskikbaar of onder sterk, stewige meubels soos tafels. 

Beweeg so vinnig moontlik na 'n oop stuk veld waar vallende voorwerpe minimaal is. 



Aktiwiteit 5: 

1. Noodmaatreels voor 'n aardbewing 



• Luister daagliks na die radio en televisie. Indien trillings in die aardkors voorkom, sal daar onmiddellik 
waarskuwings uitgesaai word. 

• Sorg altyd vir 'n gepakte rugsak met skoon klere, 'n kombers of warm kledingstuk. 



18 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



Chapter 2 

Kwartaal 2 



2.1 Vulkane 1 

2.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE 

2.1.2 Graad 7 

2.1.3 NATUURGEVARE 

2.1.4 Module 4 

2.1.5 VULKANE 

1. Vulkane 

1.1 Die voorkoms en oorsake van vulkane. 

Die gesmelte rots onder die aarde word magna genoem. Wanneer dit op die aardoppervlakte uitvloei, 
word dit lawa genoem. Oor die presiese oorsake van vulkaniese uitbarstings dink die geleerde mense egter 
nog nie eenders nie. Niemand kan in die hart van die aarde gaan kyk wat aangaan nie. 

Ons weet wel dat die aardkors so swaar op die magma van die mantel rus, dat hierdie vloeibare rots byna 
soos 'n pitseer se pit deur 'n swak plek in die aardkors na boontoe gedruk word. Hierdie gesteentes het 'n 
temperatuur van tussen 800 Q C en 1 500 Q C. 

As jy 'n gaskoeldrankblikkie vat en jy skud dit, sal die koeldrank uitspuit as jy dit oopmaak. 'n Vulkaan 
werk presies dieselfde - gesmelte rots bars deur die swak plekke in die aardkors en die lawa, rotsblokke en 
as word die lug ingeskiet. 

Die lawa stol en vorm nuwe rotse wat ons stollingsgesteentes noem. 

Party vulkane se lawa is baie loperig en vloei ver oor die oppervlakte voordat dit stol. Dun plate 
stollingsgesteentes word so gevorm. Ander vulkane bou weer 'n koepel op omdat die lawa taaier is en dus 
nie ver kan vloei nie. 

Soorte vulkane 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24420/l.l/>. 



19 



20 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.1 



Koepelvulkaan 




Taaier lawa 



Figure 2.2 



21 



Kaldera 




Figure 2.3 



Met 'n geweldige uitbarsting kan die koepel se kop heeltemal weggeskiet word en 'n oop gat ontstaan wat 
'n kaldera genoem word. 

Vandag is daar maar ± 450 aktiewe vulkane op die aarde. Hulle hou gelukkig nie altyd aan met uitbars 
nie en word dan rustende of passiewe vulkane genoem. 



2.1.6 Waar kom die meeste vulkane voor? 

Daar is sowat 500 vulkane in die wereld en hulle kom net op sekere plekke voor. Hierdie plekke le op die 
rand van die groot plate van die aardkors. As hierdie plate beweeg, ontstaan vulkaniese uitbarstings en 
aardbewings. 



22 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



—& -j "v—r 




I lAardbewingsqebied 
niVulkaangebied 



Figure 2.4 



Die verspreiding van die vernaamste vulkaan- en aardbewinggebiede van die aarde 
Watter vulkane het die meeste verwoesting aangerig ? 

Die vulkaan wat die ergste verwoesting nog aangerig het, is Krakatoa in Indonesie. Dit het in 1883 
uitgebars en meer as 36 000 mense het gesterf. Die knal is 5 000 km ver gehoor en die lugbesoedeling het 
vir jare nog koperkleurige sonsondergange op die aarde veroorsaak. 

Nog 'n bekende voorbeeld van 'n verwoestende vulkaan is die uitbarsting van berg Vesuvius, wat in 79 
n.C. die stad Pompeji in die Baai van Napels heeltemal onder vulkaniese rotse en as begrawe het. 

2. Die uitwerking (gevolge) van vulkane op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite 

In die swart hemel van die nag vonkel duisende liggies. Op 'n afstand lyk dit na 'n ontsaglike vuurw- 
erkvertoning soos die vulkaan in gloeiende rotse en strome van vuur ontplof. Rotse en as word die lug in 
geskiet en veroorsaak lugbesoedeling. 

Oor die rand van die krater kruip die rivier van rooi, rokende lawa - warm bloed van die lewende aarde, 
soos iemand dit al treffend beskryf het. 

Kilometers ver vloei dit miskien deur vrugbare valleie, verteer dit elke grashalm en selfs borne op sy pad. 
Maar ook huise verkrummel en stede word onder die voortstuwende gloed begrawe. Mense wat dit oorleef, 
vlug van die hange af ; warm as reen op hulle neer. Lewensverliese kom ook voor omdat mense versmoor as 
gevolg van die verstikkende swaelgasse en asreen wat ontstaan. 

En op 'n ander plek op aarde, op die verlate kaalte van die oop see, worstel 'n vulkaan op uit die water 
om binne 'n kort tydjie vir horn 'n plekkie in die son te verseker. 'n Splinternuwe eiland is gebore. Tsunami's 
ontstaan en kan laagliggende baaie en eilande oorstroom en verwoes. 

Onder die dobberende kors van ons woelige planeet is 'n ander woelige wereld van gesmelte gesteentes. 
Die kan uitbars om hier bo te verwoes, maar soms verrassend, ook om dinge te skep. 'n Proses wat deur die 
eeue aan die gang is. 

[Huisgenoot se Jongspan, 4 Junie 1987 ] 



23 

Ons het reeds gesien dat vulkane ook positiewe gevolge kan he. As die lawa stol, vorm stollingsgesteentes 
waarin edelstene soos diamante gevorm word. Dit kan finansiele welvaart vir 'n land beteken. 

As hierdie lawarots of stollingsgesteentes oor miljoene jare verweer, vorm dit vrugbare grond wat goed is 
vir die aanplant van gewasse. Voedsel word dus aan die wereld voorsien. 

Warmwaterbronne kom volop naby vulkane voor. Die warmwaterbronne is natuurlik groot toeriste- 
aantreklikhede. In kouer lande word dit selfs gebruik om warm water aan geboue te verskaf en ook vir die 
verhitting van geboue. 

2.1.6.1 Aktiwiteit 1: 

2.1.6.2 Om die gevolge van vulkane op mense en die omgewing te bespreek 

2.1.6.3 [LU 2.1, 2.2] 

1. Lees die voorafgaande tydskrifartikel sorgvuldig deur. Bespreek nou in groepe die gevolge wat vulkane 
het op: 

a) Die mens 

b) Die omgewing 

1. Versamel prentjies, foto's en uitknipsels van vulkane. Bring dit na jou klaskamer en hou besprekings 
daaroor. Vul jou aantekeninge daarmee aan. 

3. Hoekom sommige mense 'n hoer risiko as ander is 

Rampe ken geen perke nie, maar as jy na figuur 8 kyk, sal jy sien dat vulkane meer dikwels in sekere 
areas voorkom as in ander. 

Mense maak dus 'n bewustelike keuse om naby 'n vulkaan te bly. Soms is daar selfs baie digbevolkte 
gebiede baie naby 'n vulkaniese area. Ekonomiese oorwegings soos werkvoorsiening en finansiele welvaart tel 
baie keer meer as veiligheid teen die potensiele gevaar van 'n vulkaan wat moontlik kan uitbars. 

Net soos by aardbewings kan ontwikkelde gebiede die impak van 'n vulkaan baie beter hanteer. 
Waarskuwings kan betyds uitgesaai word en ontruiming kan vooraf plaasvind. Nasorgdienste is bykans 
onmiddellik beskikbaar en menselewens kan betyds gered word. 

Dit is egter waar digbevolkte gebiede in die ontwikkelende lande naby 'n vulkaan gekonsentreer is dat 
daar groot probleme ontstaan. Kommunikasiestelsels is baie swak en vroegtydige waarskuwings kan nie by 
die mense uitkom nie. Gesondheidsorg is baie swak en nooddienste kom bykans nie voor nie. Brande wat 
uitbreek, verwoes lewens en eiendom. Nasorgdienste is swak en baie mense sterf omdat hulle nie betyds 
gehelp word nie. 

4. Voorkomende maatreels: die bestuur van gevare en gevaarvermindering 

Wetenskaplikes bestudeer ook gedurig die aktiewe vulkane van die wereld en probeer voorspellings maak. 
Soms is hulle suksesvol, maar baie keer nie. Ons kan nie sien wat in die dieptes van die aardkors aangaan 
nie en daarom is die daarstelling van nasorg- en noodmaatreels so belangrik in vulkaniese gebiede. 

2.1.6.4 Aktiwiteit 2: 

2.1.6.5 Om te besin oor noodmaatreels in vulkaniese gevaargebiede 

2.1.6.6 [LU 2.3] 

1. Hoekom besluit mense om te woon in gebiede waar daar vulkaniese uitbarstings voorkom ? Dink goed 
hieroor na en gee dan jou opinie. 

2. Verbeel jou jy bly in 'n area waar daar vulkaniese uitbarsting voorkom. Stel 'n lys met noodmaatreels 
op wat in werking gestel moet word voor, tydens en na 'n uitbarsting. 

3. Versamel koerantberigte oor enige onlangse vulkaniese uitbarsting. Hou klasbesprekings daaroor en 
noem die gevolge wat dit gehad het. 

4. Watter hulp is deur die eerstewereldlande aan hierdie mense gebied? Kon meer gedoen word? 



24 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

Interessante feit 

Die ontsaglike krag wat in cms aarde se ingewande voorkom, laat 'n mens eintlik bang word en laat jou 
aan die dood en verwoesting wat dit saai, dink. 

Kom ons sluit egter positief af. Dalk kan ons nog eendag die kragte inspan vir 'n geriefiiker lewe op aarde. 
Ons kan dalk maniere vind om hierdie krag te tern en elektrisiteit daarmee op te wek. Dink aan die impak 
wat so 'n nuwe energiebron op ons bestaan kan he! 

'n Webblad soos die volgende bevat nogal interessante inligting oor vulkane: 

http://volcano.und.nodak.edu/ 2 

2,1,7 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew- 
ingskennis en -begrip te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en 
die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on- 
dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en 
hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. 



Table 2.1 



2,1,8 Memorandum 

Aktiwiteit 1: 

1. a) Die mens 



Lawa verteer en /of laat huise en stede verkrummel. 

Mense word deur die lawa verswelg. 

Ander word deur die verstikkende swaelgasse en asreen verswelg en versmoor. 

Mense verdrink as gevolg van tsoenami's wat oor laagliggende gebiede ingespoel word. 



b) Die natuur 



Die natuurlike omgewing word geheel en al verwoes of verander deur 'n vulkaan. 

Rotse en as wat die lug ingeslinger word, veroorsaak lugbesoedeling. 

Lawa vloei oor vrugbare valleie en verteer alle plantegroei. 

Vuurwarm modderstrome verswelg stede en mense. 

Tsoenami's ontstaan in die see en kan laagliggende gebiede en eilande oorstroom. 



Nuwe eilande ontstaan as gevolg van vulkaanuitbarstings onder die see. 



2 http:// volcano. und.nodak.edu/ 



25 

• Die natuurlike omgewing word omskep in iets nuuts. Stollingsgesteentes ontstaan, wat oor miljoene 
jare baie vrugbare grond vorm vir voedselproduksie. 

• Edelgesteentes word in stollingsgesteentes gevorm, soos diamante. Dit kan groot fmansiele implikasies 
vir 'n land inhou. 

• Warm wat erbronne is volop naby vulkane en lok toeriste. Die warm water word ook vir verhitting van 
geboue aangewend. 

2. Leerders bring foto's, prentjies en uitknipsels van vulkane na die klaskamer. Hou 'n klasbespreking en vul 
aantekeninge aan. 

Aktiwiteit 2: 

1. Mense neem 'n bewuste besluit om naby 'n vulkaan te bly. 

Ekonomiese oorwegings soos werkvoorsiening en fmansiele welvaart tel baie keer meer as die potensiele 
gevaar van 'n nabygelee vulkaan. 

2. a) Voor 'n vulkaniese uitbarsting 

• Vulkane word deur seismograwe gemonitor en waarskuwings word uitgereik. 

• Areas moet ontruim word, indien voortekens voorkom. 

• Mense woonagtig in sulke areas moet altyd sorg dat hul noodvoorrade byderhand het. 

b) Tydens 'n vulkaniese uitbarsting 

• Mense moet so vinnig as moontlik uit die area wegkom. 

• Luister gedurig na nuusberigte sodat die verloop van die uitbarsting gevolg kan word. 

• Dra gasmaskers as beskerming teen swaelgasse. 

c) Na 'n vulkaniese uitbarsting 

• Opruiming van die area moet geskied en hulpverskaffing moet verleen word deur eerstewereldlande. 

3. Versamel koerantberigte oor enige onlangse vulkaniese uitbarsting en hou 'n klasbespreking. 

4. Eerstewereldlande verleen fmansiele hulp na so 'n ramp. 

Hulle stuur ook so spoedig moontlik noodspanne om te help met opruiming, mediese dienste en voed- 
selvoorsiening. 

2.2 Droogtes 3 

2.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

2.2.2 Graad 7 

2.2.3 NATUURGEVARE 

2.2.4 Module 5 

2.2.5 DROOGTES 

1. Droogtes 

1.1 Die voorkoms en ontstaan van droogtes 
1.1.1 Wat is droogtes? 

'n Droogte is 'n aanhoudende en langdurige tydperk waartydens daar geen neerslag voorkom nie. Dit 
hang dus saam met 'n gebrek aan water, maar dit lei nie altyd tot 'n ramp nie. Dit is die verhouding tussen 
die gemeenskap en sy omgewing wat bepaal of 'n droogte in 'n ramp sal ontaard of nie. Eenmalige droogtes 
kom selde skielik voor. Dit bekruip 'n gemeenskap gewoonlik oor 'n tydperk van jare. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24421/l.l/>. 



26 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



1.1.2 Waar kom droogtes voor? 

Bestudeer figuur 1 op bl. 2. Dit is 'n wereldkaart wat aandui waar die meeste droogtes voorkom. Jy 
sal opmerk dat sekere lande meer deur droogtes getref word as ander, maar dat die Afrika-kontinent, Indie, 
China, Suid-Amerika en Australie die swaarste gebuk gaan onder ernstige droogtes. 

AANTAL DR0OGTE-/H0NGERSNO0DRAMPE PER LAND: 1974 - 2003 




Aantal Droogtes/Hongeratode 



Figure 2.5 



2.2.6 Aktiwiteit 1: 

2.2.7 Om die droe streke van Suid-Afrika te bestudeer 

2.2.8 [LU 2.1] 

• Bestudeer figuur 2 oor die droe streke van Suid-Afrika en beantwoord dan die vrae wat volg. 



27 




1 000 km 

J 



uiters droog 



droog 



halfdroog 



Figure 2.6 



a) Maak 'n skatting watter persentasie van Suid-Afrika 'n neerslag van minder as 500 mm per jaar kry. 

b) Waar in Suid-Afrika is die waarskynlikheid die grootste dat droogtes sal voorkom? Hoekom? 

c) Waar in Suid-Afrika is dit die minste waarskynlik dat droogtes sal voorkom? Hoekom? 

d) Noem die maniere waarop 'n boer in die Noord-Kaap voorsorg kan tref vir toekomstige droogtes. 
1.1.3 Wat veroorsaak droogtes? 

Water is noodsaaklik vir lewe op aarde. 'n Droogte ontstaan as gevolg van 'n tekort aan water. Baie 
mense dink dat 'n droogte net ontstaan omdat dit nie reen nie. 'n Afname in neerslag veroorsaak wel 
droogtes, maar dit is nie die enigste oorsaak nie. 

Bestudeer tabel 1 wat aantoon hoe ander faktore rampspoedige toestande wat met droogtes verband hou, 
kan veroorsaak. 

Tabel 1: 



28 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



1. Grand isoorlaai 


tekort aan reen 


1 . Bevolking hou aan groei 


2. Grand word oorbewei 


2. Kontantgewasse i.p.v. 


3. Borne word afgekap 


swak oeste 

hongersnood ^ 
t 


voedselgewasse word 


4. Grand is oorbewerk 


gekweek 


5. Ernstige erosie vind plaas 


3. Minder voedsel word 


6. 'n Krisis vir brandhout 


geproduseer 


ontwikkel 


sterftes 


4. Grand word misbruik 




DROOGTE 
RAMP 


5. Water word misbruik 




I 







Figure 2.7 



Klimaatsverandering het dus wel te doen met droogtes, maar swak omgewingsbestuur het 'n groter 
invloed op die rampspoedige invloed van 'n droogte. 

1.2 Die uitwerking (gevolge) van droogtes op die lewens van mense en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite 

Gedurende 'n tydperk van ongeveer 10 jaar word ongeveer 60 miljoen mense wereldwyd deur droogtes 
geaffekteer en hierdie syfer is steeds besig om te styg. In die 1990's is 35 miljoen mense in Afrika alleen deur 
droogtes geraak. Wat sal die situasie wees in die jare wat voorle? 

Bestudeer die volgende lys van gevolge van droogtes: 

geen wisselbou 

misoeste 

hongersnood: minder voedsel geproduseer 

lewensverlies 

putte droog op as gevolg van verlaagde watertafel 

lewende hawe word op groot skaal geslag: vleispryse daal 

hidro-elektriese aanlegte kan ophou werk: kragpryse styg 

ongeskoolde arbeiders verdien min inkomste: armoede 

waterbeperkings word ingestel 

nywerhede word deur 'n gebrek aan water benadeel 

plantegroei vrek en verdwyn 

stofkomme ontstaan op kaal grond en lugbesoedeling vererger 

werkers verloor hul poste en het geen inkomste om van te lewe nie: werkloosheid veroorsaak misdaad 

groeiende bevolking plaas meer druk op die omgewing en 'n rampspoedige mallemeule ontwikkel 

watervlakke van riviere en damme daal en sommige droog heeltemal op: visse vrek 

veroorsaak 'n daling in die bruto binnelandse produk (BBP) van 'n land 

verwoestyning van randgebiede 

mense word gedwing om uit droogte-geteisterde areas te migreer: baie ongeskoold 



29 

2.2.9 Aktiwiteit 2: 

2.2.10 Om die uitwerking van droogtes op gebiede en mense te bekyk 

2.2.11 [LU 2.3] 

• Gebruik die inligting van hierdie afdeling om die volgende vrae te beantwoord: 

Persentasie woestyn- en halfwoestyngebiede van Afrika: 

1. Watter kontinente word die meeste deur droogtes geraak? 

2. Hoe sal mense, woonagtig in droogte-geteisterde gebiede, die meeste geraak word? Probeer bostaande 
lys aanvul met jou eie idees en kennis. 

3. Verduidelik die volgende stelling: Droogtes kan veroorsaak en selfs vererger word deur aktiwiteite van 
mense. 

1.3 Hoekom sommige mense 'n hoer risiko as ander is 

Dit is belangrik om te onthou dat dit die verhouding tussen die mens en sy omgewing is wat bepaal of 
die droogte in 'n ramp gaan ontaard. 

As ons weer na figuur 1 (wereldkaart van waar droogtes die meeste voorkom) kyk, sal ons sien dat droogtes 
meesal voorkom in die armer, ontwikkelende lande van die wereld. Waarom? 

• As gevolg van hul agtergeblewenheid glo hulle dat mag nog steeds in getalle le en dat ouers baie kinders 
moet he wat eendag na die ouers kan omsien. Dit veroorsaak baie geboortes en 'n groeiende bevolking. 

• Voedsel word slegs vir eie huishoudelike gebruik gekweek. Geen bemesting word toegedien nie. Oor 
jare verarm die grond en die oesopbrengste verlaag. Minder voedsel word geproduseer. 

• Grond word oor 'n lang tydperk wangebruik en geen kunsmis word bygevoeg nie. 

• Besproeiing, indien beskikbaar, word verkeerdelik aangewend en vererger erosie. 

• Die besit van 'n veekudde is vir die mense van groot belang, want dit verteenwoordig groot rykdom. Te 
veel vee word op 'n stuk grond gelaat en oorbeweiding veroorsaak vernietiging van plantegroei, sodat 
erosie intree. 

• Erosie verwyder die vrugbare bo-grond, die grond verarm en die produksie verlaag verder. 

• Arm mense het ook nie elektriese krag tot hul beskikking nie en moet van brandhout gebruik maak vir 
hitte. Baie borne word dus vernietig vir brandhout. Dit benadeel weer die grond se waterhouvermoe 
en water verdamp vinniger. 

Rampdroogtes kom ook in ontwikkelde gebiede voor, soos tans in die Wes-Kaap in Suid-Afrika. Ons kan 
egter se dat vermoende mense minder deur droogtes geraak word. Hulle kan oorleef omdat hulle ander bates 
het wat hulle deur die moeilike tye kan dra. Die groot, ryk boere en/of maatskappye is egter soms self besig 
om die omgewing te vernietig met hulle enorme ontwikkelings. 

1.4 Voorkomende maatreels: die bestuur van gevare en gevaarvermindering 

As jy die koerant lees of na die nuus luister of kyk, sal jy sonder twyfel van 'n droogtetoestand iewers 
in Suid-Afrika kennis neem. Kyk weer na figuur 2 wat die droe streke van Suid-Afrika aantoon. Dis dus nie 
verbasend dat Suid-Afrika baie droogtes sal beleef nie. 

Is daar moontlike oplossings vir die droogte-probleem? Sulke stappe is nie altyd uitvoerbaar nie, maar 
sluit in: 



bou van damme om water op te gaar 
sink boorgate en rig windpompe op 



• ontsouting van seewater 



watervoorsiening deur middel van pypleidings 
die smelt van ysberge 
wolkbesaaiing en reenmakery 
bevolkingsbestuur 



30 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



• versigtige bestuur van grond en waterbronne 

• beheer van gronderosie 

• aanplant van borne 

• droogte-bestande saad om grond te probeer herwin 



2.2.12 Aktiwiteit 3: 

2.2.13 Om 'n gevallestudie oor 'n ernstige droogte wat die land getref het, te 
doen 

2.2.14 [LU 2.3] 

• Doen 'n gevallestudie van 'n baie ernstige droogte wat Suid-Afrika getref het. Vergelyk dit met die 
inligting wat jy tot dusver opgedoen het en skryf dan 'n opstel oor: 

a) die oorsake 

a) die gevolge 

c) die moontlike oplossings vir rampspoedige droogtes 

2.2.15 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew- 
ingskennis en -begrip te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en 
die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on- 
dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en 
hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. 



Table 2.2 



2.2.16 Memorandum 

Aktiwiteit 1: 

a) Ongeveer 60% 

b) Noordwes-Kaap en die Karoo 

1. Die area le ver wes van die reenryke ooskus waar warm, vogtige lug die land instroom. Soos die warm, 
vogtige lug weswaarts beweeg, reen dit in die oostelike berglandskap, sodat die meeste van die vog dus nooit 
die westekant van die land bereik nie. 



31 

2. Die weskus le ook langs die Atlantiese Oseaan met sy koue Bengula-seestroom waar opwaartse lug- 
beweging en kondensasie nie moontlik is nie (slegs warm lug beweeg opwaarts). Reen kan dus nie maklik 
gevorm word nie. 

3. Verdamping uit die grond, damme en gewasse is ook groot in die droe westelike areas. 

c) Die oostelike dele van Suid-Afrika 

Die ooskus le langs die Indiese Oseaan waar die warm Mosambiek-seestroom vloei. Die lug bo-op die 
water word dus ook verhit, styg op, kondenseer en vorm wolke wat die land ingewaai word en reen bring. 
Oos van die Drakensberge sal dit dus meer reen as gevolg van die topografiese aard van die land. Aan die 
westekant van die Drakensberge sal die reen weswaarts afneem soos die lug droer word. Die vogtige lug word 
tydens die somer oor die berge gestoot as gevolg van die verhoogde kondensasievlak (lug wat meer water 
bevat, is ligter). Reen aan die westekant van die berge kom dus in die somer voor. 

d) 1. Bou van damme om water op te gaar. 
2 Ontsouting van water. 

3. Grawe boorgate en rig windpompe op. 

4. Le water aan met pypleidings. 

5. Die versigtige bestuur van die grond en verstandige, toepaslike boerderymetodes. 

6. Beheer van gronderosie. Minder vee per hektaar sal oorbeweiding beperk en gronderosie voorkom. 

7. Aanplant van borne en ander gewasse. 

8. Saai van droogtebestande saad. 

• Die mensdom se gedrag moet in totaliteit verander en almal moet meer betrokke raak by omgewings- 
bewaring. 

Aktiwiteit 2: 

1. Afrika, Suid-Amerika, Indie, China en Australie. 

2. Vul bestaande lys aan met eie idees. 

3. Aktiwiteite deur mense soos: 

• oorbeweiding van grond; 

• oorbewerking van grond; 

• verwydering van borne en totale ontbossing van areas; 

• bevolkingsdruk op die gebied as gevolg van oorbevolking; swak besproeiing wat versouting en / of 
verkalking van die grond veroorsaak, vererger die effek van droogtes. (Die sout in die grond word 
boontoe gestoot weens 'n styging van die watertafel wat deur besproeiing veroorsaak word.) 

Die algehele effek van hierdie menslike aktiwiteite is dat 'n produktiewe land in 'n droe, onvrugbare gebied 
kan verander. Hierdie toestande word dikwels deur droogtes vererger. 

Aktiwiteit 3: 

Leerders doen eie navorsing oor 'n spesifieke droogte wat Suid-Afrika getref het. Dink hier maar aan die 
droogte wat die Suidwes-Kaap in 2004/ 2005 getref het. 

• Skryf 'n opstel onder die volgende opskrifte: 

a) Oorsake 

b) Gevolge 

c) Moontlike oplossings 



32 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

2.3 Faktore wat groei en verandering beinvloed 4 

2.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

2.3.2 Graad 7 

2.3.3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING 

2.3.4 Module 6 

2.3.5 Die faktore wat groei en verandering beinvloed 

2.3.5.1 Aktiwiteit 1: 

2.3.5.2 Om vrae oor die verspreiding van die wereldbevolking te beantwoord 

2.3.5.3 [LU 1.5] 

• Die wereldbevolking is nie eweredig versprei nie. Hoekom nie? Bestudeer die wereldkaart [fig. 2, 
bevolkings verspreiding] en kaarte in jou atlas, en beantwoord die daaropvolgende vrae: 




Figure 2.8 



2. Die verspreiding van mense oor die wereld 

a) Om watter rede is daar 'n yl bevolking by a, b en c? 

b) Om watter rede is die bevolking by d en e ook besonder yl? 

c) Het die Amasonerivier in Brasilie iets met die bevolkingsverspreiding in die land te doen? (Verduidelik) 



4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24445/l.l/>. 



33 

d) Verduidelik die oorsaak vir die bevolkingskonsentrasie in die noordoostelike hoek van Afrika. 

e) Sou julle se dat Australie in die geheel gesien verstedelik is? 
3. Bevolkingstrukture 

Die jong bevolking soos uitgebeeld met behulp van die bevolkingspiramide in figuur 1 was die van Enge- 
land en Wallis in 1881. Vyftig jaar later het die prentjie heelwat anders gelyk, en nog vyftig jaar later het 
dit verdere verandering ondergaan. Die verandering word demografiese oorgang genoem. 

Belangrike kenmerke van 'n bevolking wat met 'n tipiese piramide (met 'n bree basis) aangetoon word, 
is (a) hoe geboortesyfer, (b) hoe sterftesyfer, (c) kort lewensverwagting. 

Die toename in bevolking van enige groep ('n land of gemeenskap) word met die volgende formule bereken: 

2.3.5.4 Bt = G - S (+ of - netto migrasie) 

Bt is die Bevolkingstoename 

G is die Geboortesyfer 

S is die Sterftesyfer 

immigrante word bygetel, en 

emigrante word afgetrek 

As die Bt 'n relatief hoe syfer is, sal die bevolkingstruktuur as 'n piramide met 'n opvallend bree basis 
aangetoon word. 

Migrasie geld nie net vir lande nie, maar ook vir bepaalde gemeenskappe binne lande. 

2.3.5.5 Aktiwiteit 2: 

2.3.5.6 Om 'n afieiding wat betrekking het op bevolkingstoename te maak 

2.3.5.7 [LU 3.2] 

Is dit moontlik dat die Bt nie 'n toename nie, maar 'n afname kan beteken? Motiveer jou antwoord. 

2.3.5.8 Aktiwiteit 3: 

2.3.5.9 Om die verskille in bepaalde bevolkings in piramides voor te stel 

2.3.5.10 [LU 3.2] 

• Wanneer geboortes en sterftes normaalweg voorkom in gemeenskappe, en mits daar nie groot getalle 
mense deur migrasie bykom of vertrek nie, sal die bevolkingstruktuur met 'n taamlik "normale" piramide 
voorgestel kan word, soos Figuur 1. Julle weet dit al, maar stel julle net 'n smaller basis voor. 

Binne die normale gemeenskappe met hul "normale" piramides kan kulturele, sosiale en ekonomiese faktore 
tot gevolg he dat die samestelling ten opsigte van ouderdomsgroepe en die verteenwoordiging van die geslagte 
verander. Die vorm van die piramide waarmee die bepaalde gemeenskap dan voorgestel word, sal van die 
"normale" een begin afwyk. As daar jaarliks 'n paar duisend jong Turkse mans uit 'n deel van Turkye 
weggaan om in Duitsland, byvoorbeeld in die stad Miinchen, te gaan werk, sal die strukture van die Turkse 
streek sowel as die van Mitnchen mettertyd verander. 



GO 04 
45 40 
00 04 



Perseotasie van bevolking 



Figure 2.9 



34 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



a) Die piramide vir gemeenskappe met 'n hoe geboortesyfer, hoe sterftesyfer en 'n kort lewensver- 

wagting, sal steeds 'n "normale" piramidevorm he, maar met 'n laer bopunt en opvallende inkepings 
aan die kant. 



Figure 2.10 



b) Gemeenskappe en bevolkings met 'n lae geboortesyfer, 'n ewe lae sterftesyfer en 'n lang lewensverwagting 
('n welvarende gemeenskap met 'n goeie lewensgehalte en mediese sorg), se piramide sal 'n smallerige (smaller 
as (a) hierbo) basis he en egalig afplat na die bopunt 



Manlik = = Vroulik 



Figure 2.11 



a) Slegs primitiewe (wat nog in 'n vroee stadium van ontwikkeling is) gemeenskappe se -*geboortesyfer 
sowel as sterftesyfer is hoog (met die geboortesyfer die hoogste). Die gevolg is 'n redelik vinnige 
bevolkings groei. 



Manlik = = Vroulik 



Figure 2.12 



c) Slegs primitiewe (wat nog in 'n vroee stadium van ontwikkeling is) gemeenskappe se geboortesyfer 
sowel as sterftesyfer is hoog (met die geboortesyfer die hoogste). Die gevolg is 'n redelik vinnige bevolk- 
ingsgroei. 



35 



Ouderdomsgroep 
60-64 



Figure 2.13 



d) Die bevolkings van ontwikkelde lande (byvoorbeeld die meeste Wes-Europese state) het 'n lae ge- 
boorte- en sterftesyfer. In sommige gevalle is die geboortesyfer laer as die sterftesyfer, wat 'n negatiewe 
bevolkingsgroei tot gevolg het. Die lewensverwagting is hoog. In hierdie geval praat ons van 'n "ou" bevolking. 

4. Hoekom vind verandering in bevolkings plaas? 

Vir die grootste deel van die bestaan van die wereld was die verandering wat plaasgevind het, slegs 
groei. Oor die hele wereld het mense het net meer en meer geword. Maar vandag is dit nie meer oral die 
geval nie. In sommige lande in Europa krimp die bevolking. 

En as julle gedink het dat slegs (baie) vinnige groei in lande of streke probleme tot gevolg het, moet julle 
weer dink, want 'n krimpende bevolking lei ook tot probleme! Dit is net 'n ander soort probleem waarmee 
die mense te kampe het. 

Maar voordat ons aan die gevolge en uitdagings van verandering aandag gee, moet ons eers vasstel hoekom 
veranderinge plaasvind. 

Hierbo is gese dat sekere lande se bevolkings ook kan krimp, of afneem, maar die belangrikste rede 
vir verandering is egter steeds die groei wat in die bevolking plaasvind. In die geheel gesien, groei die 
wereldbevolking vandag. 

Die meeste demograwe aanvaar dat die groei van die wereldbevolking korrek met 'n grafiek soos die een 
hier langsaan aangetoon kan word. Dit se dat die wereld se bevolking eers min was, dat dit gegroei het, 
maar ook dat die groei nie eweredig was nie - dit groei al vinniger! En dit is in die vinnige toename dat die 
grootste uitdagings vir regerings opgesluit is. 




Figure 2.14 



2.3.5.11 Aktiwiteit 4: 

2.3.5.12 Om in groepe die uitdagings wat op munisipale regerings wag t.o.v. bevolkingstoename 
te bespreek 

2.3.5.13 [LU 3.1] 

a) Verdeel Jul klas of werkgroep in twee - een groep kies 'n dorp en die ander 'n grootstad, en bespreek 
en lys die uitdagings wat op die munisipale regering wag as die bevolking (inwoners in hierdie geval) binne 
vyf jaar sou verdubbel. 

• Noudat julle Aktiwiteit 4 gedoen het, kan julle seker begryp dat 'n verandering in 'n bevolking nie 
ligtelik opgeneem moet word nie! Die verandering waarna julle in Aktiwiteit 1.4 gekyk het, was slegs 



36 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

toename, iets wat 'n mens baie maklik kan verstaan. Onthou asseblief dat 'n verdubbeling van die 
bevolking van 'n munisipale gebied binne tien jaar baie vinnig is - eintlik die uitsondering. Toestroming 
na 'n kleiner gebied binne 'n groot munisipale gebied kan eerder verwag word. 

• Verandering in bevolkings behels egter veel meer as toename of afname! 

• Bevolkings raak ook "ouer", bevolkings kan "jonger " raak; die lewensverwagting van mense kan 
verhoog; die sterftesyfer kan daal; die vrugbaarheid kan toeneem, en dies meer. Hierdie soort 
veranderinge staan ook nie los van mekaar nie - die een lei tot die ander, byvoorbeeld as die sterftesyfer 
daal, verhoog die lewensverwagting. So ook sal die bevolking of gemeenskap jonger raak as die 
vrugbaarheid toeneem. Hou ook in gedagte dat die verandering stadig en oor 'n lang tydperk 
plaasvind! 

• Belangrik om te onthou, is dat wanneer baie mense na 'n bepaalde gebied verhuis, nie net die gebied 
verander waarheen die mense gaan nie - ook die gebied waarvandaan die mense kom, ondergaan 
verandering! As 'n baie groot deel van 'n gemeenskap se jong mans permanent weggaan om elders te 
werk, verander die struktuur van daardie gemeenskap, want dit raak ouer, en die persentasie vrouens 
in die jonger groep neem toe. En daardie jonger groep word later die ouer groep, en die groep manlike 
lede bly kleiner as die vroulike groep. 

• Al die veranderings wat op die lang termyn, maar voortdurend, in bevolkings voorkom, word de- 
mografiese oorgang genoem. 

5. Oorsaak en gevolg 

Hierbo is gese dat die veranderinge nie los staan van mekaar nie - die een lei tot die ander. Julie ken 
waarskynlik ook die begrip oorsaaken gevolg. In hierdie stadium sal dit vir julle moontlik wees om lekker 
oor oorsake en gevolge te dink. Julle kan ook al lekker redeneer; julle is mos nie verniet al in graad 7 nie! 

2.3.5.14 Aktiwiteit 5: 

2.3.5.15 Om die beste opsies t.o.v. bevolkingsver ander ings te kies 

2.3.5.16 [LU 3.2] 

KIES DIE BESTE OPSIE 

Onderstreep die korrekte moontlikheid uit die woorde tussen hakies: 

1. As die vrugbaarheid van 'n gemeenskap toeneem, sal die geboortes in daardie gemeenskap (afneem / 
toeneem). 

2. Goeie mediese sorg vir die hele gemeenskap lei normaalweg tot 'n daling in die (sterftesyfer / lewensver- 
wagting) . 

3. As die sterftesyfer in 'n [primitiewe] gemeenskap baie hoog is, sal die geboorte-syfer ongetwyfeld (hoog 
/ laag) wees. 

4. Wanneer 'n gemeenskap gewoond is daaraan dat die staat vir hul bejaardes sorg, sal die neiging 
ontstaan dat gesinne (kleiner / groter) sal word. 

5. 'n Bevolking met 'n hoe vrugbaarheid en lae sterftesyfer, sal (krimp / groei). 

6. Die bevolking van 'n land wat erg deur die wereldwye Vigs-pandemie geraak word, se (vrugbaarheid 
/ lewensverwagting) sal daal. 

Op die oomblik is dit die ontwikkelende lande wat 'n vinnige bevolkingsgroei ervaar, en waarvan 
die bevolkingspiramide dus 'n tipies jong bevolking toon. Ontwikkelde lande soos bykans alle Europese 
state, die VSA en Kanada het egter ook 'n tyd beleef toe die bevolking as jonk beskryf kon word. Hierdie 
state het dus ook 'n demografiese oorgang deurgemaak. 

6. Demografiese oorgang, en hoe dit met bevolkingspiramides voorgestel word 

Hier volg 'n beskrywing (as't ware 'n geskiedenis) van die bevolkingstruktuur van Engeland en Wallis. 
Dit is 'n goeie voorbeeld van die verskillende stadiums waardeur 'n bevolking normaalweg kan gaan. 



37 




Figure 2.15 



Figuur 5: Bevolkingspiramides 

Vir eeue het die bevolking redelik konstant gebly. Die geboorte- sowel as die sterftesyfer was hoog, en 
die lewensverwagting kort. Die piramide van hierdie groep het waarskynlik gelyk soos die een in Figuur 1 
(a) aan die begin van hierdie leseenheid. 

INa die veranderinge wat die landbou- en nywerheidsrewolusie tot gevolg gehad het toe meer voedsel 
as gevolg van meganisasie op die plase geproduseer is, en mense in fabrieke kon gaan werk vir 'n inkomste, 
het die bevolking vinniger gegroei. Die geboortesyfer het die sterftesyfer geleidelik begin oortref as gevolg 
van beter voeding, beter mediese sorg en beter sanitasie. Soos vroeer was gesinne steeds groot, maar omdat 
minder babas en jongmense gesterf het, het die totale bevolking 'n "jong" karakter aangeneem. 

2Vyftig jaar later het die bevolkingspiramide opvallend verskil van die vorige. Toe het 'n laer vrugbaarhei- 
dsyfer tot gevolg gehad dat die jonger deel van die bevolking proporsioneel gekrimp het. Die laer groeikoers 
is veroorsaak deurdat vrouens kans gesien het en verkies het om minder kinders te he, want hulle wou gaan 
werk om die gesin se inkomste aan te vul. Boonop het die staat verantwoordelikheid vir die versorging van 
bejaardes oorgeneem en was bejaardes nie meer aangewese op hul kinders nie. (Voorheen was die kinders 
die "versekeringspolis vir die oudag".) 

3 Teen 1981, nog 50 jaar later, was die groep ter sprake duidelik al 'n "ou" bevolking. Plaas 'n liniaal 
dwars oor die drie piramides op bl. 12 sodat net die groepe 65 jaar en ouer sigbaar is. Julie sal duidelik sien 
hoeveel groter is hierdie groep as 50 en 100 jaar vroeer. Dit is ook duidelik dat die geboortes (vrugbaarheid) 
nog meer afgeneem het, want tussen 1931 en 1981 het geboortebeperking 'n alledaagse instelling geword. 



2,3.6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om 
aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



continued on next page 



38 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en 
interpreteer [werk met bronne]; 



1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo- 
ord]; 



1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme 
en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra]. 



LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en 
omgewingsvraagstukke en -probleme te neem. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met 'n fokus op bevolkingsgroei en 
verandering [identifiseer die vraagstuk]; 



3.2 die faktore identifiseer wat tot bevolkingsgroei en -verandering bydra [faktore wat die vraagstuk 
affekteer! : 



3.3 prosesse identifiseer wat bevolkingsgroei en -verandering op verskillende plekke affekteer [faktore wat 
die vraagstuk affekteer]; 



3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en -verandering in 'n spesifieke 
konteks te reageer [maak keuses]. 



Table 2.3 



2.3.7 Memorandum 

Aktiwiteit 1: 

a) warmwoestyne 

b) yswoestyne 

c) Die Amasone maak die binneland toeganklik; nou vestig die mense hulle langs die rivier en sy ver- 
naamste sytakke. 

d) Dit is weens die teenwoordigheid van die Nyl (in die omliggende woestyngebied). 

e) Australia is verstedelik, want die meeste mense woon in stede en dorpe. 
Die kaart dui so 'n verspreiding aan. 

In Australie woon tussen 85% en 90% van die bevolking in stede of groterige dorpe. 

2.3.7.1 Aktiwiteit 2: 

a) As minder geboortes as sterftes voorkom, kan dit 'n afname beteken, maar ook as daar meer mense 
emigreer as wat die geboortes aanvul. 

b) Indie se piramide sal die meeste verskil. 

(a) Die belangrikheid van die piramides as sodanig is omdat 'n piramide 'n grafiese voorstelling is wat 
baie inligting met min woorde verskaf. 

(b) Deur elke keer na die verandering in die piramides te verwys, hoop die skrywers om inligting oor 
bevolkingstrukture op 'n maklike manier aan die leerders oor te dra. 

Dit moet ook nooit van leerders verwag word om 'n piramide 100% akkuraat te kan teken nie; dit is die 
algemene indruk wat korrek moet wees. 
Aktiwiteit 4: 



39 

Die doel met hierdie aktiwiteit is om by die leerders tuis te bring dat 'n drastiese toename soos ver- 
dubbeling in 'n kort tyd ernstige gevolge vir enige regering inhou - plaaslik, provinsiaal of nasionaal! Na 
die oefenig sal die leerder ook besef dat die probleme in die dorp en die stad eintlik maar eenders is - die 
probleme (uitdagings) is dieselfde, die omvang daarvan verskil net. 

Watervoorsiening 

Elektrisiteitsvoorsiening Die lewering van dienste, iets waarvoor lank vooruit beplan 

Riolering moet word, sal in baie gevalle "ineenstort". 

Aanle van strate 

Die verskaffmg van behuising sal ook tekort skiet. 

Werkverskaffmg sal 'n baie groot probleem wees. 

Skole moet gebou word (nie primer die funksie van die plaaslike regering nie) . 

Misdaad sal toeneem, en dies meer. 

Aktiwiteit 5: 

1. toeneem 

2. sterftesyfer 

3. hoog 

4. kleiner 

5. groei 

6. lewensverwagting 

a) Dit is 'n syfer wat uitgewerk is toe 'n groot groep vroue se voorkeure bymekaar getel en die gemiddeld 
uitgewerk is. 

b) Twee kinders per gesin het tot gevolg dat die bevolking nie groei nie (staties bly), want die geboortes 
kanselleer net die twee ouers uit as hulle eendag te sterwe sou kom. 

c) Wie gaan eendag die werk (baie soorte) doen? (Werkers van elders is nie die ideale oplossing nie!) 
Huise, skole, en dies meer gaan ongebruik staan en verval gaan intree. 



40 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Chapter 3 

Kwartaal 3 



3.1 Hoekom mense migreer 1 

3.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

3.1.2 Graad 7 

3.1.3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING 

3.1.4 Module 7 

3.1.5 HOEKOM MENSE MIGREER 

1. Hoekom migreer mense? 

Vir eeue al beweeg mense van hul woonplekke af na plekke waar hulle dink beter lewensomstandighede 
op hul wag, behalwe in gevalle waar dit gedwonge verskuiwings is, en mense geen keuse het nie. 
Permanente verhuisings word grootliks deur die volgende bei'nvloed: 

klimaat: (aangename temperatuur - tussen 10 °C en 30 °C - en gemaklike lugvogtigheid) ; 
ekonomie: (mense gaan waar geld te maak is, al is die klimaat onaangenaam) ; 
politieke besluite: ('n land se regering kan deur sy besluite 'n verskuiwing teweegbring) . 
Maar daar is 'n verdere keuse: in die stad of op die platteland? 

Die meeste van julle woon in stede of groot dorpe! Dit is 'n feit, want meer as die helfte van ons land is 
VERSTEDELIK. Dit beteken dat meer as 50% van ons land se mense in groot dorpe of stede woon. 
[Sulke syfers word met sensusopnames vasgestel.] 

3.1.6 Aktiwiteit 1: 

3.1.7 Om vrae oor bevolkingsdigtheid en verstedeliking te bespreek 

3.1.8 [LU 1.2] 

Bevolkingsverspreidingskaarte bevestig dat die mensdom op sekere plekke gekonsentreer is. Dit is natuurlik 
ook waar van ons land. Eers sedert 50 jaar gelede kon ons se dat die meeste mense in ons land in en om 
stede en baie groot dorpe saamgetrek is. In Suid-Afrika duur die migrasie van die platteland na die stad 
steeds voort. 

Statistiek oor hoe vinnig verstedeliking in die verlede in Europa plaasgevind het: 

1. Brittanje: 

1800 - 25% van die bevolking verstedelik 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24443/l.l/>. 



41 



42 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

1900 - 75% van die bevolking verstedelik 

2000 - meer as 95% 

2. Die stad Milaan in Italie: 

Tussen 1951 en 1956 het die inwonertal van die stad met 1,5 miljoen toegeneem! Nie minder nie as 70% 
van hierdie nuwe intrekkers was uit die platteland van Suid-Italie afkomstig. Kan jy dink waarom? Noem 
'n soortgelyke voorbeeld in Suid-Afrika. 

Het jy enige idee wat die bevolking van jou dorp of stad is? Die groeplede kan raai en daaroor argumenteer 
en dit neerskryf. Daarna kan julle die regte inligting opspoor en Jul eerste antwoorde daarmee vergelyk. 

Sou jy se dat die bevolkingsdigtheid van jou woonplek besig is om toe te neem of af te neem? Gaan meer 
mense weg, of trek meer mense daarheen as vroeer? Waaraan kan mens dit sien? Waarom gebeur dit? Of 
bly dit konstant? 

Gesels met jou ouers of ander inwoners hieroor. Vra 'n amptenaar van die stadsraad of munisipaliteit, of 
'n streeksbeplanner om hieroor te kom gesels. (Uitnodigingsbrief skakel met taal). 

1.1 Hoekom verkies mense 'n stedelike leefwyse? 

Julle weet reeds dat verstedeliking 'n wereldwye verskynsel is. Soos die wereldbevolking toeneem, groei 
die behoefte aan woonplek. Daardie woonplek word oorwegend in stede en groot dorpe geskep, want dit 
is waar die meeste mense wil bly. Stede en groot dorpe word dus groter en groter, terwyl kleiner dorpies 
meestal kwyn. 

Bestudeer die grafiek en kyk waar ons land inpas. Hier word net 'n paar lande genoem sodat julle kan 
vergelyk. Daar is state, eilandstate soos Singapoer en Bermuda, wat 100% verstedelik is. Monaco, die klein 
staatjie aan die Middellandse See, is ook 100% verstedelik. In werklikheid is die staat 'n stad! 

3.1.9 Aktiwiteit 2: 

3.1.10 Om in klein groepies vrae oor migrasie te beantwoord 

3.1.11 [LU 1.5] 

Afdeling A (Hierdie deel doen jy en jou bankmaat of julle klein groepie saam.) 

• In Suid-Afrikaanse verband, dink aan redes hoekom mense: 

a) in die land MIGREER: 

b) uit die land EMIGREER: 

c) na die land IMMIGREER: 



43 



Verstedeliking 




In persentasie uitgedruk 






10 


20 


30 


40 


50 


60 


70 


80 


90 


Australie 












































Argentinie 














































Frankryk 














































Suid-Afrika 














































Namibie 














































Zimbabwe 














































Ethiopie 























Table 3.1 

Afdeling B (In hierdie deel word al die groepe se antwoorde op die skryfbord gelys - die aanvaarde 
antwoorde van die eerste groep, en daarna alle nuwe redes van die ander groepe.) 

• Hou dan 'n kort klasbespreking en besluit saam op die (drie tot vyf) vernaamste redes vir bin- 
nelandse migrasie (beweging in die land self) in Suid-Afrika. Skryf dit hieronder neer. 



3.1.12 Aktiwiteit 3: 

3.1.13 Om te bepaal waar mense wil woon - in die stad of op die platteland 

3.1.14 [LU 3.3] 

• Op die volgende bladsy word 15 frases alfabeties aangedui - sommige dui op die keuse om nie op die 
platteland te woon nie, terwyl die ander dui op die aantreklikheid van die stad. Die trek na 
die stad behels dus gelyktydig die ontvolking van die platteland en verstedeliking. 

Opdrag: 

Plaas 'n O in die blokkie by die frases wat op die ontvolking van die platteland dui, en 'n V in die 
blokkies langs die frases wat op die aantreklikheid van die stad wys. 



44 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 









(a) 


Fabrieke bied baie werkgeleenthede 




(b) 


Gebrek aan hospitale 




(c) 


Genoeg goeie skole en kort afstande daarheen 




(d) 


Gewoonlik hoer salarisse en lone 




(e) 


Groot verskeidenheid vermaak en ontspanning beskikbaar 




(f) 


Groot verskeidenheid werkgeleenthede beskikbaar 




(g) 


Kan makliker van werk verander 




(h) 


Kinders meestal ver van skole af 




(i) 


Meganisasie lei tot minder werkgeleenthede 




(J) 


Moeilik om sonder openbare vervoer oor die weg te kom 




(k) 


Ruim verskeidenheid openbare vervoer 




(1) 


Te lae lone in sommige gevalle 




(m) 


Te stil vir mense wat baie van geselskap hou 




(n) 


Voldoende gesondheidsdienste en hospitale 




(o) 


Werkgeleentheid op klein dorpies baie beperk 











Table 3.2 



2. Die oorsake en gevolge van die grootskaalse binnelandse migrasie in S.A. 

Bestudeer die vier koerantberigte wat hoofsaaklik oor die oorsake en gevolge van die migrasie tussen die 
Oos- en die Wes-Kaap handel. Van die grootste uitdagings vir die provinsiale en plaaslike regerings word in 
die beriggies genoem. 

WKOD IN GELDKNYP OOR KINDERS VAN ELDERS SY SKOLE OORSTROOM 

Jorisna Bonthuys 

KAAPSTAD - Die toestroming van duisende leerlinge van elders in die land na die Wes-Kaap dra by 
tot oorvol skole en die provinsiale onderwysdepartement se geldelike verknorsing. 

Minstens 33 000 van die sowat 900 000 leerlinge in die Wes-Kaap kom van ander provinsies. Talle is van 
die Oos-Kaap. 

Benewens die WKOD se jaarlikse begroting van R4,2 miljard is nog R800 miljoen nou nodig. Hoewel 
58 skole sedert 1995 gebou is, is tot 2 500 klaskamers (of 81 skole) nodig om in die leerlinge se behoeftes te 
voorsien. 

Die provinsiale Minister van Onderwys het gese dit is onmoontlik dat bykomende geld gevind kan word. 
Volgens die minister is die huidige begroting reeds onvoldoende. Hoewel die onderwysowerhede vir die koms 
van die leerlinge voorsiening probeer maak het, het die groot toename alle verwagtings oortref. 

Volgens die hoofde van veertien hoerskole in die Khayelitsha-omgewing, het tot 3 000 meer leerlinge hulle 
daar aangemeld, terwyl sowat 2 000 kinders nog nie by skole ingeskryf is nie. 

Kenners meen die Gautengse Onderwysdepartement ondervind waarskynlik dieselfde probleem. "Verst- 
edeliking is 'n wereldwye verskynsel. Leerlinge gaan waar hulle dink hulle die beste onderwys sal kry. Dis oral 
dieselfde van Riversdal, Saldanha en Delft tot Stellenbosch. As mense selfs net hoor daar is werksgeleenthede, 
migreer hulle soontoe," word gese. 

By die Primere Skool Bloekombos, die enigste skool in die snelgroeiende Kraaifontein, is tot 150 leerlinge 
in 'n klaskamer geprop en bied drie onderwysers gelyktydig verskillende vakke aan. 

Uit: Die Burger, 21 Februarie 2001 



45 

WES-KAAP STAAN REG VIR 48 000 INTREKKERS 

Theuns van der Westhuizen 

KAAPSTAD - Die Wes-Kaapse regering en munisipaliteite sal minstens 12 000 wooneenhede, 12 laer- 
skole, 6 hoerskole en 2 of 3 nuwe klinieke per jaar moet bou om te voorsien in die behoeftes van mense wat 
elke jaar uit ander provinsies hierheen trek. 

En die situasie sal nie in die afsienbare toekoms verander nie. Dus sal dit beter wees om pro-aktief op te 
tree, het die minister van omgewingsake en ontwikkelings-beplanning gese. 

Hy het verwys na bevindings van 'n ondersoek wat in 2001 na migrasiepatrone vir die Wes-Kaapse 
regering gedoen is, en wat die premier ook in sy openingsrede in die provinsiale parlement genoem het. 

Die ondersoek het getoon dat sowat 48 000 mense per jaar uit ander provinsies - hoofsaaklik Oos- en 
Noord-Kaap na die Wes-Kaap verhuis. 

Uit: Die Burger, 27 Februarie 2003 

REGERING MAAK NOODPLAN BEKEND NA KAAPSE VLOEDE 

Anesca Smith 

KAAPSTAD - Met byna 15 000 Kapenaars wat sedert Donderdag dakloos gelaat is weens vloedreen, 
gaan die provinsiale regering vandag met 'n driedaagse noodleningsprogram in die Kaapse metropool begin. 

Die aankondiging is gister deur die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en behuising, mnr. Marius 
Fransman, gedoen. Minstens 2 796 plakkershutte het sedert verlede Donderdag tot Maandag oorspoel in 28 
informele woongebiede. Sowat 155 mm reen het in die tyd geval. 

Fransman en die premier, mnr. Ebrahim Rasool, die nasionale minister van behuising, me. Lindiwe 
Sisulu, en die burgermeester van die uniestad, mev. Nomaindia Mfeketo, besoek vandag een van die gebiede, 
Wallacedene naby Kraaifontein. 

Kos en klere sal aan inwoners oorhandig word. Om 13:00 gaan hulle ook 'n vergadering in die Oliver 
Tambo-saal in Khayelitsha toespreek om na inwoners se behuisingsgriewe te luister. 

Fransman het ook 'n beroep gedoen op die publiek om warm klere, komberse en kosskenkings aan 
nieregerings- en welsynsorganisasies soos die Rooi Kruis beskikbaar te stel wat weer aan vloedslagoffers 
gegee sal word. 

Sowat 320 000 mense in die Wes-Kaap wag tans op behuising, het Fransman gese\ Na raming migreer 48 
000 mense jaarliks na die provinsie uit hoofsaaklik die Oos-Kaap. 

Volgens Fransman is daar honderde mense wat in laaggelee, "hoe-risiko" gebiede bly wat uiteindelik 
verskuif moet word. "Ons moet seker maak huise word nie hier gebou nie," het hy gese. 

Uit: Die Burger, 11 Augustus 2004 

MIGRASIE UIT OOS-KAAP NA MOEDERTSAD WORD KRISIS 

Carien du Plessis 

MTHATHA - Migrasie uit die Oos-Kaap na Kaapstad neem krisisafmetings aan, het die stadsbestuur 
van die Kaapse stadsraad, dr. Wallace Mgoqi, gese. 

Meer as 20 000 gesinne of gesinshoofde per jaar verlaat die provinsie om werk in die Wes-Kaap te soek, 
maar daar is nie huise nie en die stadsraad kan omtrent net 11 000 huise per jaar bou. Daar is reeds 'n 
agterstand van 42 000 huise in Kaapstad. 

Die migrante verlaat die provinsie nie permanent nie. 

Mgoqi het gese baie mense keer in die eerste ses maande van die jaar terug na hul families. 

Mnr. Gcobani Maswana, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, 
het gese die migrante keer ook terug as hulle nie werk kry nie of as hulle simptome van vigs begin toon. 

Die migrante wat terugkeer, doen dan aansoek om ongeskiktheidstoelaes en steun swaar op die reeds 
oorlaaide welsynstelsel. Die departement is reeds besig om 78 000 van hierdie aansoeke te hersien, want baie 
daarvan is vals. 

Mgoqi het gese die Kaapse stadsraad het besef dat 'n wedersydse probleem bestaan. Verlede week het 
die stadsraad 'n ooreenkoms met die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit en die Universiteit van Transkei 
onderteken om die migrasie te help beperk. 

Volgens die ooreenkoms, wat die eerste in sy soort tussen die twee provinsies is, gaan die drie instansies 
inligting uitruil, veral oor ekonomiese ontwikkeling, om dienste aan inwoners te verbeter. Planne word reeds 



46 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

beraam om belastingvoordele te gee aan nywerhede in die Mthatha-gebied wat werk aan plaaslike inwoners 
verskaf. 

Mgoqi het gese die planne sal oor 'n maand begin vorm aanneem. 

Hy het gese 'n geweldige potensiaal bestaan vir ontwikkeling, veral in die toerisme-sektor. 

(vervolg op bl. 23) 

Meer moet gedoen word om die kapasiteit van hierdie plattelandse munisipaliteit te vergroot wat behuis- 
ing, dienste en werk betref. Alle staatsdepartemente moet inspring om te help. 

Maswana het gese die hoofrede waarom mense migreer, is armoede. 

Die Oos-Kaapse regering het geld opsy gesit vir openbare werkskeppingsprogramme waardeur mense 
vaardighede kan aanleer. 

Verder het die provinsiale regering ook 'n groei-en-ontwikkelingsprogram, waardeur hulle mense wil leer 
om self te ploeg en kos te plant om selfonderhoudend te wees. 

Sowat 1,8 miljoen mense woon in die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit en die Wes-Kaap sal nie al hierdie 
mense kan absorbeer as daadwerklike stappe nie gedoen word om migrasie te verminder nie. "Baie min mense 
besef die erns van die situasie. Dit is 'n tydbom," het Mgoqi gese. 

Die meeste migrante na Kaapstad kom van die Oos-Kaap. 

Mgoqi het gese baie kom van die buurlande en migreer dan heelpad tot in Kaapstad. 

Uit: Die Burger, 11 Augustus 2004 

2.1 Die Wes-Kaap se inwonertal groei baie vinnig, veral in en om Kaapstad 

3.1.15 Aktiwiteit 4: 

3.1.16 Om die probleme rondom migrasie te bespreek 

3.1.17 [LU 1.6] 

a) In berig nommer vier word die hoofrede vir die migrasie genoem. Skryf daardie sin in groot letters 
hieronder oor. 

b) Drie van die vernaamste probleme waarmee die owerhede te kampe het, word in beriggies een tot 
drie beklemtoon. Beskryf elk van die probleme in 'n sin of twee. 

c) In Berig 4 lees ons van die ooreenkoms tussen die munisipale owerheid van die Stad Kaapstad en die 
O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap. Hierdie twee owerhede het die probleem verstaan en die 
oplossing daarvan saam-saam aangepak. Se in jou eie woorde wat hulle (1) as die probleem gei'dentifiseer 
het en (2) hoe hulle dit wil oplos. (3) Gee jou eie mening oor hierdie benadering tot die probleem. Is dit 'n 
goeie of 'n swak plan? Hoekom? 

d) Wat is die grondoorsaak vir grootskaalse permanente verhuising van mense van die Oos- na die Wes- 
Kaap? 

2.2 Nou wat van die Oos-Kaap? Het die verlies aan 'n groot deel van die bevolking dan nie 'n invloed op 
die Oos-Kaap nie? 

Baie aandag is al gegee aan die gevolge van die toestroming van nuwe intrekkers na die Wes-Kaap. So 
pas het julle 'n taak gedoen oor die oorsake vir, en die oplossing van die probleem. En die hantering van 
die uitdaging, het julle gesien, le nie net in die Wes-Kaap nie! Wat is die sleutelwoord vir die oplossing? 

(s ) 

Nou gaan ons 'n bietjie kyk na die invloed wat die vertrek van so baie mense het op die gebied wat deur 
hulle verlaat is. 

3.1.18 Aktiwiteit 5: 

3.1.19 Om 'n lys te maak van die invloede op die gemeenskaps-lewe 

3.1.20 [LU 3.2] 

Dinkskrum 



47 

• Maak 'n lys van die invloede op die verskillende afdelings van die gemeenskapslewe hieronder aangedui. 
Skryf dan net die vernaamste twee invloede op elke afdeling neer. 

a) Skole: 

b) Kerke: 

c) Kleinhandel: 

d) Werkverskafflng: 
e)Munisipale dienslewering: 

2.3 Migrasie op so 'n groot skaal soos wat die Oos-Kaap dit ondervind, kan 'n langtermyn invloed op die 
bevolkingstruktuur van 'n gebied he. 

3.1.21 Aktiwiteit 6: 

3.1.22 Om die langtermyn-invloed van migrasie op die bevolkingstrukture te 
illustreer 

3.1.23 [LU 3.3] 

• Gestel slegs jong mense tussen die ouderdom van 20 en 35 neem die groot stap om die Oos-Kaap 
permanent te verlaat, hoe sal die bevolkingstruktuur verander? 

Die Oos-Kaap het tans 'n jong bevolking. Teken 'n bevolkings-piramide wat dit aantoon. 

Oor 50 tot 100 jaar gaan die situasie heeltemal anders wees. Teken die piramide wat die bevolking sal 
weerspieel 

3.1.24 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om 
aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en 
interpreteer [werk met bronne]; 



continued on next page 



48 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo- 
ord]; 



1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme 
en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra]. 



LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en 
omgewingsvraagstukke en -probleme te neem. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met 'n fokus op bevolkingsgroei en 
verandering [identifiseer die vraagstuk]; 



3.2 die faktore identifiseer wat tot bevolkingsgroei en -verandering bydra [faktore wat die vraagstuk 
affekteerl; 



3.3 prosesse identifiseer wat bevolkingsgroei en -verandering op verskillende plekke affekteer [faktore wat 
die vraagstuk affekteer]; 



3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en -verandering in 'n spesifieke 
konteks te reageer [maak keuses]. 



Table 3.3 



3.1.25 Memorandum 
3.1.25.1 Aktiwiteit 1: 

(a) die Karoo en die Noordweste ('n deel van Namakwaland) 

(b) Gauteng 

Aktiwiteit 2: 

a) die rondbeweeg van mense 

b) mense wat die land verlaat 

c) mense wat die land binnekom 

3.1.25.1.1 Afdeling B 

• Mense soek na 'n beter lewe. (*) 

• Werkers word verplaas om op 'n ander plek te gaan werk. 

• Werkers doen aansoek om 'n ander pos en moet dan verhuis. 

• Mense tree af en gaan vestig hulle dan op 'n ander plek. 

• Mense keer terug na hul gebied wat onder die vorige politieke bedeling van hulle weggeneem is. 

• (*) Hierdie is dalk die mees opvallende verskynsel in Suid-Afrika, en kry later in die module meer 
aandag. 

Aktiwiteit 3: 

Waar wil die mense woon? 



49 



(a) 


fabrieke bied baie werkgeleenthede 


V 


(b) 


gebrek aan hospitale 





(c) 


genoeg goeie skole en kort afstande daarheen 


V 


(d) 


gewoonlik hoer salarisse en lone 


V 


(e) 


groot verskeidenheid vermaak en ontspanning beskikbaar 


V 


(f) 


groot verskeidenheid werkgeleenthede beskikbaar 


V 


(g) 


kan makliker van werk verander 


V 


(h) 


kinders meestal ver van skole af 





(i) 


meganisasie lei tot minder werkgeleenthede 





(J) 


moeilik om sonder openbare vervoer oor die weg te kom 





(k) 


ruim verskeidenheid openbare vervoer 


V 


(1) 


te lae lone in sommige gevalle 





(m) 


te stil vir mense wat baie van geselskap hou 





(n) 


voldoende gesondheidsdienste en hospitale 


V 


(o) 


werkgeleentheid op klein dorpies baie beperk 












Table 3.4 



Aktiwiteit 4: 

a) MENSE SOEK NA 'n BETER LEWE 
of 

MENSE WIL WEGKOM VAN HUL ARMOEDE 

b) (1) Op die oomblik is daar hopeloos te veel leerders vir die skole. 
Die WKOD kan nie voorbly met die bou van skole nie. 

(1) Die migrasiepatrone gaan nie gou verander nie. 

(3) Mense bou huise op plekke wat nie daarvoor geskik is nie. 

In die winter is die lewenstoestande van mense in plakkerskampe (informele behuising) haglik. 

c) (1) Armoede/swak lewensomstandighede weens 'n gebrek aan werkgeleenthede is die hoofoorsaak. 

(2) Die verbetering van die lewensomstandighede van die mense van die Oos-Kaap is hul hoofdoel. Dit 
sal bereik word onder meer met werkskepping en maniere om mense selfonderhoudend te maak. 

(3) Die meeste leerders sal dalk insien dat dit 'n goeie plan is. Wat hulle ook moet/sal besef, is dat die 
planne volhoubaar moet wees. 

d) ARMOEDE 
Aktiwiteit 5: 

a) Skole loop dalk leeg, of as skole oorbenut was, raak omstandighede beter. 

b) Lidmate gaan weg en kerke sukkel om hul verpligtinge na te kom. 

c) Kopers raak minder en minder, winkeliers kry gevolglik swaar. 

d) Omdat daar minder werksoekers is, sal die oorblywende mense dalk minder sukkel om 
'n werkie te kry, maar die toestand kan ook ontstaan dat die werkers later te min raak. 

e) Sal eintlik verbeter, want dienslewering is maar swak, en minder druk sal daarop geplaas word. 



50 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

3.2 Hoe is die demografie van die wereld op die langtermyn deur 
migrasie beinvloed 2 

3.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

3.2.2 Graad 7 

3.2.3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING 

3.2.4 Module 8 

3.2.5 Hoe is die demografie van die wereld op die lang termyn deur migrasie 
beinvloed? 

1. Kolonisasie en slawerny het 'n belangrike rol gespeel om die wereldbevolking soos cms dit vandag ken, te 
vorm. 

Slawerny kan as 'n vorm van gedwonge migrasie gesien word, om dit sag te stel. Hoewel slawerny in 
die Bybelse tyd reeds bekend was, was die vier eeue tussen 1450 en 1850 in die vorige millennium berug vir 
die grootskaalse handel in slawe. Die Arabiere, Britte, Nederlanders, Portugese, Spanjaarde, Franse en Dene 
het slawe, meestal in Afrika, maar ook in die Ooste, gekoop en in klein getalle in Europa, maar veral in die 
nuwe kolonies van Europese lande verkoop. 

Die kolonies waarvan gepraat word, is grondgebied wat veral Europese nasies in nuut ontdekte (vir die 
Europeers) gebiede tussen 1500 en 1900 met verdrae, anneksering of oorloe bekom het. Die feit dat Europese 
tale soos Spaans en Engels en in 'n mindere mate Frans vandag oor die hele wereld gepraat word, ook die 
Engels in ons eie land, is die gevolg van kolonisasie. Noord-Amerika, Suid-Amerika, Afrika, groot dele van 
Asie, Australie en Nieu Seeland is onder Europese nasies "verdeel". 

Die gevolg van die praktyk van kolonialisme en slawerny, sien ons vandag baie maklik raak. 

• Atlete wat vir die eindrondte van die 100 m op die Olimpiese Spele aantree, is baiekeer almal swart 
en praat Engels, maar verteenwoordig selde 'n Afrika-staat. Hulle verteenwoordig meesal die VSA, 
Kanada, van die eilandstate bekend as die Wes-Indiese Eilande, en so meer. Hierdie atlete se voorouers 
is in die meeste gevalle as slawe na die land weggevoer wat hulle vandag verteenwoordig. 

• Kolonies wat onafhanklik geword het, se burgers kon sonder veel moeite na die "moederland" (waar- 
vandaan die koloniale maghebbers gekom het) emigreer, en so het baie mense uit bv. Indie, Afrika en 
die Wes-Indiese Eilande in Brittanje en Europese state gaan woon. 

• In ons eie land sien ons die nalatenskap van slawerny en kolonialisme in die samestelling van ons 
bevolking. 

2. Hedendaagse migrasiepatrone 

Julie het reeds kennis geneem dat baie Wes-Europese nasies, soos Duitsland en die Skandinawiese lande, 
"ou" bevolkings het. Sulke lande ondervind dikwels probleme om genoeg werkers (op alle vlakke) te kry. Ook 
lande met 'n besonder hoe ekonomiese groeikoers benodig baiekeer geskoolde en ongeskoolde arbeid om die 
groei te kan volhou. Aan die anderkant soek mense uit lande met 'n vinnig groeiende bevolking, maar 'n 
"dooie" ekonomie, hul heil in ander lande. Hedendaagse migrasiepatrone word dus meestal deur ekonomiese 
oorwegings bepaal. 

En behalwe dat daar min jongmense is wat tot die arbeidsmark in veral Duitsland toetree, was die 
Duitsers vir 'n paar dekades al nie juis lief vir handearbeid nie. Om die probleem van 'n tekort aan werkers 
op te los, is duisende mense uit "arm" lande toegelaat om in Duitsland te werk. Die mense se gesinne het later 
by hulle aangesluit, en vandag maak mense van Turkse afkoms 'n beduidende deel van die Duitse bevolking 
uit. Turks is ook naas Duits die taal wat die meeste deur permanente inwoners in Duitsland gepraat word. 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24463/l.l/>. 



51 

Die Turke se migrasie het beslis 'n groot invloed op die bevolkingsamestelling van Duitsland. Op dieselfde 
manier het baie ander Europese lande se bevolking verandering ondergaan deur soortgelyke migrasie van veral 
lande wat vroeer hul kolonies was. 

3.2.5.1 Aktiwiteit 1: 

3.2.5.2 Om die verwante redes vir migrasie te bespreek 

3.2.5.3 [LU 3.3] 

3.2.5.4 Migrasie Gister en Vandag 

• In die kassie hierbo is die vernaamste redes waarom mense permanent tussen lande of streke migreer. 
Dui aan om watter rede die volgende migrasie in die verlede plaasgevind het, of vandag nog plaasvind, 
deur die simbool van jou keuse in die blokkie by elke beskrywing te skryf. 









(a) 


Tussen 1860 en 1911 is groot 
getalle mense uit Indie na die 
destydse Britse kolonie Natal ge- 
bring om op suikerplantasies te 
werk. Die nageslag van hierdie 
mense woon vandag nog meestal 
in Kwazulu-Natal, een van ons 
land se nege provinsies. 




(b) 


Die Islam-geloof is in die sewen- 
tiende eeu in Suid-Afrika geves- 
tig, onder meer deur mense wat 
destyds deur die Hollanders uit 
hul oorsese gebiede verban is om- 
dat hulle opstande teen die kolo- 
niale magte aangevuur het. 




(c) 


Na die ontdekking van goud op 
die Witwatersrand in die laat ne- 
gentiende eeu het baie Zoeloes 
daarheen gegaan om in die myne 
te werk. Dit is een van die redes 
waarom Zoeloe die huistaal van 
baie mense in die huidige Gaut- 
eng is. 




continued on next page 



52 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



(d) 


Die bevolking van die 
Amerikaanse stad Miami word 
aangevul deur Amerikaners wat 
daar gaan aftree, omdat hulle 
dwarsdeur die jaar kan vakansie 
hou en nooit weer so koud wil 
kry soos waaraan hulle in die 
noordelike state gewoond was 
nie. Sommige verkies ook die 
oorsese politieke bestel. 




(e) 


Baie Suid-Afrikaners het in die 
afgelope 15 jaar die land ver- 
laat en hulle in Australie, Nieu- 
Seeland of Kanada gaan vestig. 
Hulle glo dat hulle die salarisse 
wat hulle daar verdien, nooit in 
Suid-Afrika sal verdien nie. 




(f) 


In 1846 het 'n ramp Ierland getref 
toe die aartappeloes 'n volslae 
mislukking was. Tienduisende 
het a.g.v. honger en ellende 
gesterf of geemigreer. Ierland se 
bevolking het binne 'n paar jaar 
met twee miljoen verminder. 





Table 3.5 



(g) 



Jamaika, die eiland in die Kari- 
biese See, is in 1494 deur Colum- 
bus "ontdek" en het in 1509 'n 
Spaanse kolonie geword. Agt 
Spaanse families het die eiland, 
toe Santiago genoem, beheer. 
Die oorspronklike bevolking, In- 
diaanse Arowakke, is in 'n kort 
tyd uitgeroei en deur slawe uit 
Afrika vervang. 



continued on next page 



53 



(h) 


Nagenoeg 90% van die Aus- 
traliese bevolking woon in die 
suidoostelike deel van die land. 
Die binneland, hoofsaaklik 
steppe, woestyn en ook sout- 
woestyn, is prakties gesproke 
onbewoon. 




(i) 


Koloniale regerings het bevind 
dat die plaaslike bevolking in 
baie Afrika-lande onbekwaam of 
onwillig was om by die nuwe 
ekonomie in te skakel, en het 
hulle werkers ingevoer. So het die 
Britte mense uit Indie ingevoer 
om die spoorlyn tussen Mombasa 
en Kampala (Uganda) te help 
bou. Die Indiers het aangebly na- 
dat hul kontrakte verstryk het, en 
vandag speel hulle die hoofrol in 
die ekonomie van die hele Oos- 
Afrika. 











Table 3.6 

Grootskaalse emigrasie kan 'n land baie nadelig bei'nvloed. 

As toestande mense dwing om hul land van geboorte permanent te verlaat, is dit gewoonlik die mees 
ondernemende mense, die entrepreneurs, wat die groot stap neem. Die res is dikwels te bang om hulle in 
die vreemde te waag. Die land van oorsprong se beste mensemateriaal gaan dan weg, wat die land verder 
benadeel. 

[U+F034] Die teenoorgestelde is dan weer waar van die land waarheen die mense migreer. Hulle baat by 
die soort mens wat hulle bykry. 

[U+F034] Is dit dalk die rede waarom die VSA se bevolking so ondernemend is? 

[U+F034] Weet julle hoe jong Suid-Afrikaners wat in die buiteland gaan werk beoordeel word? Vra aan 
vriende, familie en bure hoe hulle kennisse oorsee vaar. 

2. Oorloe en onrus in die Groot Mere-gebied: hoe konflik en oorlog die bevolking van die state van 
Sentraal-Afrika raak 

Van omstandighede wat bevolkings ontwrig en ontwikkeling belemmer, is oorlog seker die belangrikste. 

In die laaste vier dekades het Afrika sowat agt miljoen van sy inwoners in gewelddadige konfliksituasies 
- dertig plaaslike oorloe - verloor. Sedert die begin van die negentigerjare van die vorige eeu is meer as vier 
miljoen mense dood, 24 miljoen is in hul eie lande ontwortel en 18 miljoen het oor hul landsgrense heen 
gevlug. 

Die lande wat die ergste getref is, is die in die Groot Mere-gebied. 



Oktober 1993: 'n Oorlog in Burundi begin waarin tot so veel as 300 000 mense in die volgende tien 
jaar sou sterf. Teen 2002 het 840 000 burgers van Burundi as vlugtelinge in buurlande gewoon, die 
meeste in Tanzanie. Die Tanzaniers, in wie se land reeds 'n skaarste aan hulpbronne was, was nie baie 
gelukkig met die situasie nie. 

1994: Oorlog breek in Rwanda uit tussen die Tutsies en die Hutus (dieselfde twee etniese groepe wat 
in die buurland Burundi ook teen mekaar geveg het). Uiteindelik het sowat 500 000 mense in Rwanda 
die lewe gelaat voordat vrede naastenby herstel is. 



54 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

• 1998: Soldate uit Rwanda, Burundi en Uganda val die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) 
binne. In die oorlog wat volg, laat 3,3 miljoen mense in die volgende vyf jaar die lewe. 

3.2.5.5 Aktiwiteit 2: 

3.2.5.6 Om navorsing te doen oor hoe konflik en oorlog bevolkings in Sentraal-Afrika raak 

3.2.5.7 [LU 1.5] 

• Doen navorsing en voltooi: 

a) Die volgende mere in Sentraal-Afrika sorg vir die benaming die Groot Mere: 
b) Die state in hierdie gebied is: 
Oorlog en konflik in Sentraal-Afrika het meer gevolge as net lewensverlies. 

• As 'n oorlog of burgeroorlog woed, kan mediese en droogtehulp nie doeltreffend verleen word waar 
nodig nie. Die gevolg is dat hongersnood volg en siektes ook baie sterftes tot gevolg het, aansienlik 
meer as in vredestyd! 

• Derduisende kinders word wees gelaat. 

• Kinders word dikwels as soldate gebruik. 

• Menseregteskendings is 'n alledaagsheid. 

• Miljoene mense bevind hulle jare lank in vlugtelingkampe. 

• Ekonomiee van lande kwyn, want fondse word vir oorlogvoering in plaas van ontwikkeling aangewend. 

• Infrastruktuur word vernietig. 

• Landbou-ontwikkeling kom tot stilstand. 

• Die gevolg van hierdie oorloe wat dalk die grootste toekomsgevaar vir die betrokke lande inhou, is dat 
'n baie groot deel van die jeug sonder 'n skoolopvoeding, werk of toekomsverwagting gelaat word. Dit 
is 'n kruitvat! 

3.2.5.8 Aktiwiteit 3: 

3.2.5.9 Om met insig die gevolge van oorlog op 'n bevolking te beskryf 

3.2.5.10 [LU 3.4] 

• Na 'n oorlog moet gered word wat nog gered kan word! 

a) Gebruik die inligting hierbo, dink oor die saak, voeg jou eie insigte ook by, enbeskryf die bevolking 

van 'n land aan die einde van 'n gewapende konflik van twintig jaar. 

b) As jy die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies is, wat sal jy doen om hierdie soort oorlog (en 
die gevolge daarvan) in Afrika te verminder? 

c) Jy is die minister van bevolkingsontwikkeling en opvoeding van 'n land aan die einde van 'n 
twintigjaarlange oorlog. Watter maatreels sal jy instel om die skade van die oorlog op die bevolking so goed 
as moontlik te versag? 

3.2,6 Assessering 



55 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om 
aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en 
interpreteer [werk met bronne]; 



1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo- 
ord]; 



1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme 
en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra]. 



LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en 
omgewingsvraagstukke en -probleme te neem. 



Assesseringstandaarde (ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met 'n fokus op bevolkingsgroei en 
verandering [identifiseer die vraagstuk]; 



3.2 die faktore identifiseer wat tot bevolkingsgroei en -verandering bydra [faktore wat die vraagstuk 
affekteerl; 



3.3 prosesse identifiseer wat bevolkingsgroei en -verandering op verskillende plekke affekteer [faktore wat 
die vraagstuk affekteer]; 



3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en -verandering in 'n spesifieke 
konteks te reageer [maak keuses]. 



Table 3.7 



3.2.7 Memorandum 

Aktiwiteit 1: 

a) b 

b) c 

c) b 

d) a 

e) b 

f) a 

g) c 
h) a 
i)b 
Aktiwiteit 2: 



56 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

a) Groot Mere: Victoria 
Albert 

Edward 
Kivu 

Tanganjika 
Malawi 

b) Lande in die gebied: Kenia 
Tanzanie 

Uganda 
Burundi 
DRK 
Aktiwiteit 3: 

a) ontwrigte gesinne: broodwinner weg, weeskinders 

kinders wat as soldate diens gedoen het, kan nie "normaal" wees nie 
mense nie gereed vir die toekoms nie: min vaardighede of opvoeding 

b) stuur vredesmag na die gebied 

probeer 'n langtermyn politieke oplossing beding 

gee ontwikkelingshulp: ontwikkel hulpbronne sodat mense/lande nie gedwing word om te roof en te 
plunder om te oorleef nie 

c) sien goed om na die weeskinders 
gee kindersoldate 'n "heropvoeding" 
ontwikkel allerhande vaardighede by die mense 
doen alles in jou vermoe om werk te skep 

verskaf geskikte behuising (waarin oueropvoeding kan plaasvind) 

3.3 Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGS 3 

3.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

3.3.2 Graad 7 

3.3.3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING 

3.3.4 Module 9 

3.3.5 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING: DIE IMPAK VAN 
MIV/VIGS 

Van die belangrikste invloede op bevolkingsverandering vandag is VIGS. Nog nooit in die geskiedenis was 
daar 'n menslike ramp met dieselfde afmetings nie! Die lewensverwagting van hele bevolkings daal, kinders 
word in hul duisendtalle wees gelaat, armoede neem toe, produksie in bykans alle sektore van die ekonomie 
neem af, en dies meer. 

Afrika is die vasteland wat die ergste getref is, en Suid-Afrika is die ramp ook nie gespaar nie! In die 
geheel gesien, nader ons 'n tyd waar bevolkings krimp, eerder as wat daar groei is! 

1. Bevolking 

Om vas te stel watter invloed MIV/VIGS op die bevolking het, moet ons eers na die beskrywing van 'n 
bevolking kyk. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24461/l.l/>. 



57 





VJeug/ 



Figure 3.1 



'n Jong bevolking 

Vanwee die geboortesyfer wat baie hoer is as die sterftesyfer, is daar 'n vinnige groei in die bevolking. 

'n Volwasse bevolking 

Hier oortref die geboortesyfer beswaarlik die sterftesyfer en daarom is daar 'n baie stadige groei in die 
bevolking. 

'n Ou bevolking 

Omdat die geboorte- en sterftesyfer naasteby ooreenkom, is by hierdie soort bevolkingsamestelling geen 
groei nie. 

n Krimpende bevolking 

Wanneer die bevolkingsamestelling so lyk, oortref die sterftesyfer die geboortesyfer en sal hierdie bevolking 
uitsterf. 



ouer mense: 60+ volwassenes: 30 - 59 jeug: tot 29 



Table 3.8 

.2. Die ideale toestand wat Suid-Afrika nastreef 

'n Baie groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking is arm en nie behoorlik geletterd nie. 'n Daadwerklike 
poging moet dus in Suid-Afrika aangewend word om armoede te verlig en geletterdheid op 'n aanvaarbare 
vlak te kry. Nog 'n ideaal is dat gesondheidsdienste verbeter en die bevolkingstoename onder beheer gebring 
moet word, want ons land het beperkte hulpbronne, soos byvoorbeeld 'n tekort aan water. 

Soos julle uit die grafieke hieronder kan aflei, het die lewensverwagting weens verbeterde sanitasie en 
mediese sorg gestyg en het die bevolkingstoename aansienlik gedaal in die 20 jaar tussen 1980 en 2000. Die 
dalende geboortesyfer kan gedeeltelik aan verstedeliking toegeskryf word. In Suid-Afrika het die bevolking 
dus van 'n jong bevolking (met 'n te groot toename) begin verander en is dit op die pad na 'n meer aanvaarbare 
volwasse bevolking waar die toename binne perke is. 



58 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



.32 3,5% 

CO 

c5 3,0% 

CO 

CD 

D- 2,5% 








3,5% .32 
to 

-22 

3,0% g 

CO 

CD 

2,5% D- 










^^-^_ 
















2,0% 










2,0% 
1,5% 


1 ,5% 
1,0% 
19 

Jaar 19 










BO- 
SS 


1985- 
1990 


1990- 1995- 2000- 

1995 2000 2005 Jaar 
I ISonderVIGS I iMetVIGS 



Figure 3.2 



Suid-Afrika: Groei tussen 1980 en 2000 

Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG): Lewensverwagting in jare 

• Verbeterde mediese sorg, higiene en algemeen verbeterde lewensgehalte in die SAOG-lande het verseker 
dat die lewensverwagting van mense gestyg het. 

• As julle na die grafiek kyk, sal julle sien dat die baba wat in die laat vyftigerjare van die vorige eeu in 
Namibie gebore is, 'n lewensverwagting van iets oor die 40 jaar gehad het, terwyl een wat 40 jaar later 
gebore is, na verwagting 20 jaar langer sou leef. 



59 







Angola 


7 ~3 






Botswana 








Lesotho 








Malawi 








Mauritius 








Mosambiek 








Namibie 








Suid-Afrika 








Swaziland 








Tanzanie 








Zambie 








Zimbabwe 


~A 







20 



40 



60 



80 



1955-1960 



1995-2000 



Figure 3.3 



en toe breek die MIV/VIGS-epidemie uit. Mense wat van 'n pandemie praat, is eintlik 

korrek, want die siekte kom oor die hele land en vasteland, en die res van die wereld voor! 
Vigs, wat beteken dit? 

• Die woord is 'n akroniem, en is saamgestel uit die beginletters van die beskrywing Verworwe 
Immuniteitsgebreksindroom. Dit beteken dat die persoon 'n virus in sy/haar liggaam gekry het wat 
sy/haar vermoe om immuniteit teen siektes op te bou, vernietig. 

• As iemand die virus kry, is hy/sy dadelik MlV-positief, maar die virus kan sluimerend wees en nie 
die persoon se gesondheidstoestand bei'nvloed nie. So 'n persoon kan vir jare met die virus saamleef 
sonder dat dit enige uitwerking op sy/haar lewe het. 



60 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



• 'n Goeie manier om 'n mens wat MlV-positief is te beskryf, sal wees om die letters MIV van agter 
af te gebruik om te se Virus In 'n Mens. 

• Wanneer die virus aktief raak en die pasient se gesondheidstoestand aantas, se ons die persoon het 
VIGS. Nou kan ons die S gebruik om te verduidelik dat 'n Siektetoestand ontstaan het. Nou is die 
pasient nie meer immuun teen siektes nie, en enige siekte affekteer hom/haar geweldig. 

• 'n Mens kan die virus opdoen deur 'n bloedoortapping, deur seksuele verkeer of waar bloed vermeng 
word - bloed aan 'n spuit of skeermeslemmetjie kom in aanraking met die volgende gebruiker, en die 
virus word oorgedra. 'n Verwagtende vrou wat MIV positief is, kan die virus aan haar ongebore kind 
oordra. Na die geboorte kan die virus ook oorgedra word as die baba geborsvoed word. 

• Iemand wat getoets word vir die virus en ontdek dat hy/sy positief is, kan sy gesondheid oppas deur 
die volgende te doen, en die "sluimertydperk" van die virus baie verleng: rook en drank laat staan of 
dit net baie matig gebruik, gesonde kos eet, sorg vir goeie oefening, en ook genoeg rus en slaap inkry. 

3. Statistiek 

Die voorkoms van MIV/VIGS in Suid-Afrika is ontstellend. 

• Ongeveer 2 000 mense raak daagliks MlV-positief ! 

• Ongeveer 800 mense sterf daagliks weens VIGS-verwante siektes! 

• 'n Verklaring deur die departement van gesondheid (Die Burger, 12 Julie 2005) lui "...dat tot 6,5 miljoen 
Suid- Afrikaners teen einde verlede jaar (2004) MIV- positief was." 



'n Projeksie van MIV+ Sjid-Afrikariers iri oudersdomgroep 15 to 59 jaar 




Figure 3.4 



'n Vorige projeksie van MlV-positiewe Suid- Afrikaners in ouderdomsgroep 15 tot 59 jaar. 





2001 


2010 




Met VIGS 


Sonder VIGS 


Met VIGS 


Sonder VIGS 


Botswana 


39,3 


70,5 


29,0 


73,2 


Ethiopie 


45,2 


56,1 


42,1 


60,1 


Kenia 


48,0 


64,9 


44,3 


68,4 


Suid-Afrika 


49,0 


65,7 


35,5 


68,3 


Swaziland 


40,4 


57,7 


29,7 


61,5 


Zimbabwe 


37,8 


69,9 


32,5 


72,8 


Zambie 


37,2 


58,7 


38,9 


72,8 



Table 3.9 



Die lewensverwagting in 'n paar Afrika-state. 



61 



yiGS-wesies (onder 1 5 ja 




Figure 3.5 



VIGS-wesies (onder 15 jaar) 

HOE GROOT IS DIE MIV/VIGS RAMP WERKLIK? 

Gesondheidsverslaggewer, Kaapstad 

Die rol van armoede 

Die lighartige redenasie van wie eerste was, die hoender of die eier, kan by die verspreiding van VIGS 
gebruik word, want armoede lei tot die verspreiding van die siekte, terwyl die siekte die reeds groot Suid- 
Afrikaanse armoedeprobleem vererger! 

Die siek broodwinner kan nie geld vir die werkgewer verdien nie, kan natuurlik ook nie geld tot die gesin 
se behoeftes bydra nie, en plaas 'n groeiende las op die staat se gesondheidsbegroting. 

Daarby bring die haglike lewensomstandighede van baie arm Suid- Afrikaners swak opvoeding en onkunde 
mee, en dit lei baie keer tot onverantwoordelike gedrag. Werkloosheid veroorsaak 'n rondswerf agter 
werkgeleentheid aan, en ook dit dra tot die verspreiding van die siekte by. 

Nog twee aspekte van armoede is dat die pasient se kans op beter lewensomstandighede deur net gesond 
te eet omtrent onmoontlik is, en boonop maak die omstandighede in die oorbevolkte huisies en plakkershutte 
die pasient se kans op verbetering van sy toestand bykans onmoontlik! 

Wie word aangetas? 

Dit is meestal mense in die ouderdomsgroep 15 tot 39 wat die meeste MlV-positief word. Hulle is ook 
die ouers van jong kinders - baie van die kinders word MlV-positief gebore! Maar hierdie ouderdomsgroep 
is ook een van die mees ekonomies-aktiewe groepe in die gemeenskap! 

Hoewel die ouderdomsgroep 15 tot 39 die meeste die virus kry, beteken dit nie dat geen ander ouder- 
domsgroep gespaar word nie, en nog minder dat slegs armes gevaar loop om die virus te kry! 

Die bestuur van maatskaplike dienste 

Een aspek van die bestuur van die land, spesifiek die bestuur van maatskaplike dienste, het te doen met 
die versorging, of verwaarlosing! van miljoene VIGS-wesies. Volgens sommige voorspellers gaan daar teen 
2010 nie minder nie as 2,5 miljoen weeskinders onder die ouderdom van 15 jaar wees! Wat gaan van hierdie 
kinders word? Wie gaan vir hulle sorg? Hoe gaan hulle in 'n reeds arm gemeenskap oorleef? 

Gei'nfekteer en geaffekteer 

Dalk is die bekamping van, en die bestuur van die gevolge van MIV/VIGS, in die woord "geaffekteer" 
opgesluit! Een groep mense is gei'nfekteer of loop gevaar om gei'nfekteer te word en sal dus die siekte opdoen. 
Die res is geaffekteer - ook die wat dink hulle sal nooit gei'nfekteer word nie! 

Die persoon wat toegee dat hy/sy geaffekteer is, sal deel word van die soeke na 'n oplossing. 

En die oplossing? 



62 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

Mense moet hul gedrag verander. Alle mense! Iemand wat nie die virus het nie, het eenmaal gese: "Die 
oplossing vir die probleem begin by myself." Wat sou hy tog daarmee bedoel het? 

Uit: Die Burger, 20 Mei 2002 

Om die verskillende opdragte te kan uitvoer, moet leerders die inligting gebruik wat in die eerste vyf of 
ses bladsye verskaf word. 

Lekker lees en werk aan hierdie navorsings- en dinktaak, maar dit gaan nie altyd maklik wees nie! Kyk 
na opskrifte as julle inligting soek. 

3.3.6 Aktiwiteit 1: 

3.3.7 Om afleidings uit voorspellings te maak 

3.3.8 [LU 1.2] 

• Gebruik die statistiek en die voorspellings in figure 4 en 5 om die getalle te verskaf: 

• Vanjaar is daar naastenby mense tussen 15 en 59 jaar in Suid-Afrika wat MlV-positief is. 

• In ons land is daar ongeveer VIGS-wesies. 

3.3.9 Aktiwiteit 2: 

3.3.10 Om afleidings uit 'n grafiek te maak 

3.3.11 [LU 1.2] 

• As die lewensverwagting van 'n land se inwoners styg, dui dit op vooruitgang. Die lewensverwagting 
van die mense van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het mooi gestyg, soos ons kan sien 
uit die gegewens in figuur 3. 

• Voltooi nou die horisontale kolomgrafieke vir die vyf SAOG-lidlande volgens die inligting in figuur 
5. Teken slegs een kolom, maar kleur dit rooi in vir die verwagte ouderdom met VIGS, en blou vir die 
ouderdom wat bereik kon word sonder die VIGS-ramp. 



63 



Angola , " " " , tt^k 

Botswana 
Lesotho i^_^— 

Malawi ^^^^^^^^^^ 
Mauritius ^^^^^^^^^^_ 

Mosambiek ^^^^^^^^^^^^^^h 
Namibie \^ ^ ^ ^ ^ ^ ^ - 

Suid-Afrika ^ ^ 

Swaziland ^^^^^^^^^^^^_ 
Tanzanie ^^^K.... 



Zambie | 
Zimbabwe | 



^^— ^^_ 



. 



/ / 










20 



40 



60 



80 







1955-1960 



1995-2000 



metVIGS 


sonderVIGS 


□ 2010 


2010 


(rooi) 


(blou) 



Figure 3.6 



3.3.12 Aktiwiteit 3: 

3.3.13 Om afleidings uit 'n grafiek te maak 

3.3.14 [LU 1.2] 



• Die inligting in figuur 2 dui op 'n gesonde afname in die groei van die Suid-Afrikaanse bevolking. 
Sterftes weens VIGS kan ongelukkig beteken dat die groei so afneem dat dit later ons land benadeel. 

• Navorsers het voorspel dat die afname tussen 2000 en 2010 sonder VIGS 1,7% kan wees, maar dat dit 



64 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



met VIGS tot 1,5% kan daal. Voltooi die grafiek volgens hierdie gegewens. Gebruik 'n blou om die 
groei sonder VIGS aan te dui, en rooi vir die groei met VIGS. 



.32 3,5% 

CO 



CD 
CO 



3,0% 



2,5% 



2,0% 



1,5% 



1 .0% 



Jaar 



1980- 
1965 



1985- 
1990 



1990- 

1995 



1995- 
2000 



3,5% .32 
to 

iS 

3,0% § 



2,5% 



2,0% 



1,5% 



1,0% 



2000- 

2005 Jaar 



Sonder VIGS 



Met VIGS 



Figure 3.7 



3.3.15 Aktiwiteit 4: 

3.3.16 Om afleidings uit koerantberigte te maak 

3.3.17 [LU 1.5] 



• Versamel koerantberigte oor die onderwerp en vertoon dit op Jul uitstalbord. Berigte wat op 'n oploss- 
ing vir enige soort probleem rondom VIGS dui, moet op 'n bepaalde manier aangedui word. Besluit 
self hoe. 



3.3.18 Aktiwiteit 5: 

3.3.19 Om afleidings uit koerantberigte te maak 

3.3.20 [LU 1.5] 

• Lees weer 'n keer die koerantberig op bl. 40 oor die VIGS ramp wat ons land in die gesig staar, dink 
'n bietjie daaroor en bespreek dit met jou maats. Dit behoort duidelik te wees dat as daar nie vinnig 
'n plan met die verspreiding van die MI Virus gemaak word nie, Suid-Afrika op 'n ramp sal afstuur. 

• Skryf 'n paragrafie of twee oor die moontlike probleme waarin jy die volgende woorde en frases gebruik: 



65 



— -""ru 



geskoolde werkmag "verdwyn"; koopkrag 

neem af; soldate en polisielede ook MlV-positief; 

misdaad; versorging van 

miljoene weeskinders. 




Figure 3.8 



Voorsien jou paragraaf van 'n treffende opskrif. 

3.3.21 Aktiwiteit 6: 

3.3.22 Om afleidings uit koerantberigte te maak 

3.3.23 [LU 1.5] 

• Teen die einde van die koerantberig word iemand aangehaal wat gese het: "Die oplossing vir die 
probleem begin by myself." Se in een sin wat julle dink hy bedoel het. 

3.3.24 Aktiwiteit 7: 

3.3.25 Om verslag te doen oor aanpassings op verskillende terreine 

3.3.26 [LU 3.1] 

Om te oorleef, moet jy aanpas. 
Aanpassing is oorlewing. 
Hy wat nie aanpas nie, sal nie oorleef nie! 
Omdat hulle nie kon aanpas nie, kon hulle nie oorleef nie! 

• Hierbo word dieselfde waarheid op vier maniere gese. In die lig van die gevaar wat VIGS vir Suid-Afrika 
inhou, is dit duidelik dat baie aanpassing nodig is vir oorlewing. 

• Bespreek die aanpassing wat op die volgende terreine gemaak moet word om die uitdagings die hoof 
te bied, en doen verslag aan die klas: 



a) die versorging van weeskinders; 

b) 'n fabriek se geskoolde werkers word sieker en minder; 

c) die Departement van Gesondheid se kostes verdubbel elke jaar; 

d) die opvoeding. 



66 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

3.3.27 Aktiwiteit 8: 

3.3.28 Om die simboliek van die vigsstrikkie te verduidelik 

3.3.29 [LU 1.5] 

• Ons sien so baie dat mense 'n rooi strikkie dra. Wat sou die doel daarmee wees? 

3.3.30 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om 
aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en 
interpreteer [werk met bronne]; 



1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo- 
ord]; 



1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme 
en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra]. 



LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en 
omgewingsvraagstukke en -probleme te neem. 



Assesseringstandaarde (ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met 'n fokus op bevolkingsgroei en 
verandering [identifiseer die vraagstuk]; 



Table 3.10 



3.3.31 Memorandum 

Aktiwiteit 1: 

• Hierdie getalle sal jaarliks verander. 

• 2002 4 000 000 MIV+ 380 000 vigswesies 

• 2003 4 700 000 MIV+ 450 000 vigswesies en dies meer 

• Afhangende van die leerders se behendigheid met die aflees van die statistiek, sal antwoorde verskil. 

• Die kleiner verskille maak nie saak nie. Die doel van die oefening is om die leerder 'n besef van die 
omvang van die probleem te gee - om horn dit self te laat vasstel. 



67 

Aktiwiteit 5: 

Die doel is om te kyk of die leerders die begrippe in die konteks van die Suid-Afrikaanse situasie 
kan vertolk. Woorde kan in enige volgorde gebruik word. 

Die geskoolde werkmag "verdwyn" en fabrieke sal probleme met hul produksie ondervind. 

Koopkrag van gemeenskappe neem af omdat geld aan die mediese versorging van siek gesinslede bestee 
word. 

Soldate en polisielede wat MlV-positief is en siek word, veroorsaak dat die veiligheid van die land 
bedreig word en misdaad verder sal toeneem. 

Die versorging van miljoene weeskinders sal 'n groot las op oorblywende gesinslede en die staat 
wees. 

Aktiwiteit 6: 

Moontlikhede: 

hy moet sy houding teenoor die siekte verander 

hy moet alles in sy vermoe doen om die probleme op te los 

Aktiwiteit 7: 

(a) 'n Spesiale beleid om die kinders teen die aanslae van die lewe te beskerm, sal geformuleer moet word. 

of 

Nuwe soorte weeshuise sal beplan en gebou moet word. 

(a) Groter meganisasie (maar dit skep weer ander probleme). 

(b) Alle departemente se begrotings sal aangepas moet word om geld vir gesondheidsorg vry te stel. 

(c) Mense (kinders sowel as volwassenes) moet opgevoed word om eerstens die verspreiding van MIV te 
beperk, en tweedens die gevolge van VIGS te hanteer/bestuur. 

Aktiwiteit 8: 

Mense moet bewus gemaak word van MIV/VIGS. Dit is 'n werklikheid vir almal, en nie iets wat net 
ander mense affekteer nie. 



68 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Chapter 4 

Kwartaal 4 



4.1 Die lees, ontleding en vertolking van topografiese kaarte 1 

4.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

4.1.2 Graad 7 

4.1.3 KAARTWERK 

4.1.4 Module 10 

4.1.5 die lees, ontleding en vertolking van topografiese kaarte 

• Die vermoe om kaarte te gebruik en te vertolk is 'n belangrike onderdeel van 'n mens se aardrykskundige 
vaardighede. As jy 'n kaart gebruik, moet jy onthou dat: - die werklikheid op skaal verklein is; - die 
verskynsels en patrone gesien word asof 'n mens van bo-af neerkyk op die landskap; - simbole gebruik 
word om kenmerke en verskynsels voor te stel. 

• Verskillende soorte kaarte word vir verskillende funksies geteken. 

4.1.6 Aktiwiteit 1: 

4.1.7 Om 'n verskeidenheid kaarte as aardrykskundige en omgewingsbronne te 
identifiseer 

4.1.8 [LU 1.1] 

• Kyk hoeveel verskillende soorte kaarte jy in jou atlas kan identifiseer. Skryf van die name onder mekaar 
neer en dui elkeen se belangrikste funksie aan. 

4.1.9 Aktiwiteit 2: 

4.1.10 Om kaarte wat 'n verskeidenheid inligting bevat te interpreteer 

4.1.11 [LU 1.2] 

• Verdeel in groepe. Gaan soek gedurende die volgende week kaarte wat vir 'n verskeidenheid doeleindes 
in jou omgewing gebruik word. Reisagentskappe, eiendomsagente, koerante, tydskrifte, motorhawens, 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24464/l.l/>. 

69 



70 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



bouers, ens. kan genader word. Stel uit elke groep 'n eie kaartversameling saam. Maak 'n tabel soos 
hierbo en noem elke kaart se funksie. 



Gevind by 


Funksie 


Reisagentskappe 




Eiendomsagente 




Koerante 




Tydskrifte 




Motorhawens 




Bouers 









Table 4.1 

In grade 4 tot 6 het jy alreeds kennis gemaak met baie belangrike feite oor kaartwerk. Die vier belangrikste 
kenmerke van TOPOGRAFIESE KAARTE is: 

• dis 'n verkleinde weergawe van die werklikheid en moet op 'n spesifieke skaal geteken word; 

• verskynsels word deur simbole op die kaart aangedui; 

• rigting moet op 'n kaart bepaal kan word; 

• hoogte word deur kontoerlyne aangedui. 

Kom ons kyk na elkeen van die aspekte: 

1. Verskillende skale en afstandberekening 

Jy weet reeds dat 'n kaart 'n verkleining is van die werklikheid soos van bo-af gesien. Om 'n kaart so 
te kan verklein, moet jy van 'n sekere skaal gebruik maak. 

Die skaal van 'n kaart MOET onderaan die kaart aangedui word. Daar is verskillende soorte skale wat 
gebruik kan word: 

Lynskaal 

Op 'n lynskaal kan jy direk die afstand tussen twee plekke afmeet. 

Verhoudingskaal 

bv. 1:50 000 

Dit beteken dat 1 sentimeter (of watter ander lengte-eenheid ook al) op die kaart gelyk is aan 50 000 
sentimeter (dieselfde lengte-eenheid) in die werklikheid. 

As twee plekke op die kaart 4 cm uitmekaar is, sal jy dus eers 'n berekening moet doen om die werklike 
afstand te bepaal. Dit sal soos volg lyk : 4 x 50 000 = 200 000 cm 

= 200 000 -=- 100 000 = 2 km 

Woordskaal 

bv. 1 cm stel 20 km voor. 

As die afstand tussen twee plekke op die kaart 3 cm is, sal jy ook eers 'n berekening moet doen. Dit lyk 
soos volg : 3 x 20 = 60 km 

Een of al die verskillende soorte skale kan op 'n spesifieke kaart aangedui word. 



4.1.12 Aktiwiteit 3: 

4.1.13 Om vertroud te raak met die gebruik van lynskaal 

4.1.14 [LU 1.3] 

1. Meet jou klaskamer se lengte en breedte in meter en teken dan 'n vloerplan daarvan. Gebruik 'n skaal 
van 2 cm om 1 meter voor te stel. 



71 

Teken nog 'n vloerplan van jou klaskamer, maar gebruik 'n skaal van 1 cm om 1 meter voor te stel. 

2. Die twee tekeninge van dieselfde klaskamer verskil in grootte omdat die skaal waarop hulle geteken 
is, verskil. 

3. Meet iets anders op jou skoolterrein wat heelwat groter is as jou klaskamer, byvoorbeeld die skoolsaal 
of die rugbyveld. Teken dit op dieselfde grootte papier as in die geval van jou klaskamer. Om dit reg te kry, 
moet jy meer meters per sentimeter vir jou plan / kaart gebruik as toe jy jou klaskamer geteken het. Die 
skaal gaan dus verskil, omdat jy 'n groter area op dieselfde grootte papier moet teken. 

Dui die skaal as 'n lynskaal op jou kaart aan. 

4.1.15 Aktiwiteit 4: 

4.1.16 Om afstand op 'n atlaskaart en 'n aardbol te bepaal 

4.1.17 [LU 1.3] 

1. Maak jou atlas oop by 'n kaart van Suidelike Afrika. Bepaal die werklike afstand in kilometer tussen die 
volgende plekke. Meet langs 'n reguit lyn (soos die kraai vlieg). 

a) Kaapstad - Oos-Londen km 

b) Durban - Johannesburg km 

c) Pretoria - Kimberley km 

d) Kimberley - Kaapstad km 

2. Bepaal die werklike afstand tussen die volgende plekke op 'n aardbol: 

a) Durban en Sydney km 

b) Kaapstad en Rio de Janeiro km 

c) Parys en New York km 

d) Tokio en Moskou km 

4.1.18 

2. Kaartsimbole en kaartsleutel 

Ingesluit in hierdie module is 'n 1:50 000 topografiese kaart van Ceres, asook 'n volledige lys van kaart- 
simbole op die daaropvolgende bladsy. Hierdie kaartsimbole moet bestudeer word, sodat jy die verskillende 
eienskappe kan erken wanneer ons op die kaart van Ceres werk. 

Julie hoef nie noodwendig hierdie oefening oor Ceres te doen nie. Vra Jul onderwyser om betyds 'n 
kaart van Jul eie stad of dorp en distrik te bestel, sodat julle 'n studie van Jul bekende omgewing soos wat 
dit op 'n kaart aangetoon word, kan maak. Julle sal verbaas wees oor die magdom inligting wat daarin 
opgesluit is. Maak 'n studie van die wyse waarop berge met verskillende vorme, bergklowe, valleie en dies 
meer, voorgestel word. 

SKRYF AAN: DIE STAATSDRUKKER 

PRIVAATSAK X85 

PRETORIA 

en bestel 'n amptelike 1:50 000 kaart van die gebied waarin julle dorp of stad gelee is. Dit kos verrassend 



4.1.19 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



continued on next page 



72 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



LU 1 



AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om 
aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 'n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir 'n ondersoek identifiseer [vind 
bronne]; 



1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en 
interpreteer [werk met bronne]; 



1.3 afstande op aardbolle, atlasse en kaarte meet deur lynskale te gebruik [werk met bronne]; 



Table 4.2 



4.1.20 Memorandum 

Aktiwiteit 1: 





Soorte kaarte 






Funksie 






Bou en dreinering 






Dui ligging van berge, riviere, ens. aan 






Klimaatstreke 






Dui temperatuur, lugdruk, reenval aan 






Plantegroei 






Dui tipe plantegroei aan 






Bevolkingsverspreiding 






Dui verspreiding van mense aan 






Menslike bedrywighede 






Dui ekonomiese aktiwiteite aan 






Staatkundige verdeling 






Dui provinsies en hoofstede aan 






Delfstowwe 






Dui tipe mynbouaktiwiteite aan 





Table 4.3 



Aktiwiteit 4: 
1. a) ± 925 km 

a) ± 500 km 

b) ± 500 km 

c) ± 840 km 



2. a) Durban en Sydney: 8250 km 

b) Kaapstad en Rio de Janeiro: 4750 km 

c) Parys en New York: 5250 km 

d) Tokio en Moskou: 7250 km 



73 

4.2 Die lees, ontleding en vertolking van topografiese kaarte 2 

4.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

4.2.2 Graad 7 

4.2.3 KAARTWERK 

4.2.4 Module 11 

4.2.5 Die lees, ontleding en vertolking van vertikale lugfoto's en ortofotokaarte 

• Voordat van julle verwag kan word om vertikale lugfoto's en ortofotokaarte verder te interpreteer, het 
julle heelwat meer inligting hieroor nodig. 

'n Vertikale lugfoto van 'n gebied word vanuit 'n vliegtuig reg van bo-af geneem. 
Voordele 

• Die meeste voorwerpe is sigbaar; 

• Die uitleg van paaie en spoorlyne is duidelik sigbaar; 

• Hoe borne, berge en geboue word maklik herken aan die skaduwees wat hulle gooi. 

Nadele 

• Die beeld wat jy sien, is van bo-af en dus ongewoon vir die mens. Dis 'n ongewone gesigshoek wat baie 
oefening, kennis en ondervinding vereis om te kan lees. 

• Dit is in swart en wit en kan verwarrend wees. 

• Vertikale lugfoto's word as basis gebruik wanneer topografiese kaarte geteken word. Inligting van die 
lugfoto word deur kartograwe (mense wat opgelei is om akkurate kaarte te teken) oorgedra op papier 
deur gebruik te maak van die internasionale simboolsleutel en kleure waarvan julle reeds geleer het. 

• Vandag is ortofotokaarte baie gewild vir kaartbestudering. Die eienskappe van die 1:50 000 to- 
pografiese kaart en die van die vertikale lugfoto word gekombineer om 'n ortofotokaart te teken. 'n 
Ortofotokaart is dus 'n vertikale lugfoto op 'n laer vlak van 1:10 000, waarop kontoerlyne 
ingeteken is. 

• Kontoer-tussenruimtes van 5 meter word gebruik sodat baie fyn detail sigbaar is. Selfs sekere plekname, 
spoorlyne, paaie, ens., word op die foto gedruk. 'n Mens kan dus die voorwerpe makliker identifiseer. 
Kaarte en foto's het dus elkeen hulle besondere kenmerke, voordele en nadele. 'n Mens kan eintlik 
net 'n duidelike voorstelling van 'n landskap vorm wanneer jy 'n topografiese kaart en 'n foto saam 
bestudeer. 

• 'n Topografiese kaart is 'n voorstelling van die aardoppervlakte volgens skaal en aan die hand van 
'n simboolsleutel. Dit gee 'n duidelike, vereenvoudigde beeld waarop slegs bepaalde kenmerke getoon 
word, 'n Topografiese kaart is dus nie altyd heeltemal akkuraat nie en kan ook verouderd wees. 

• 'n Vertikale lugfoto en ortofotokaart is wonderlike hulpmiddels as dit saam met 'n topografiese kaart 
gebruik word. Alleenlik dan kan noukeurige kaart- en fotolesings gedoen word. 

1. Hoe kyk 'n mens na 'n vertikale lugfoto of ortofotokaart? 

• Grootte van voorwerpe 

As die skaal van die lugfoto bereken is, kan die lengte van voorwerpe bepaal word en afstand en oppervlaktes 
kan bereken word, 'n Roostervormige dorpsnedersetting se oppervlakte kan byvoorbeeld so bepaal word. 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24612/l.l/>. 



74 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



• Vorme van voorwerpe 

• Mensgemaakte verskynsels is oor die algemeen reelmatig. Dink hier maar aan geboue, omgeploegde 
landerye, paaie, spoorlyne en damwalle. Natuurlike voorwerpe en verskynsels is weer onreelmatig, 
soos berge, riviere, woude en grasvelde. 

• Paaie is bree, liggrys lyne op 'n foto. Nasionale paaie is gewoonlik reguit en sonder skerp draaie. 
Sekondere paaie vertoon smaller en vertoon skerp draaie. Spoorlyne vertoon as smal, donkerder grys 
lyne met egalige draaie. Paaie sluit dikwels reghoekig bymekaar aan, terwyl spoorlyne geleidelik ineen 
loop. 

• Riviere is bree, donkergrys lyne, met kurwes en draaie soos die rivier deur 'n area kronkel en sytakke 
by die hoofstroom aansluit. Die V-vorm van 'n sytak-aansluiting wys ALTYD stroom-af en so kan die 
vloeirigting bepaal word. 

• Die tint of skakering van voorwerpe 

Op lugfoto's word swart, wit en grys tinte gesien. Die tint hang af van die hoeveelheid lig wat deur die 
gefotografeerde voorwerp weerkaats word. Ligte kleure vertoon gewoonlik as ligte grys en donker kleure as 
skakerings van donkerder grys. 

Die tint van water kan tussen wit en swart wissel. Helder water lyk donkerder as modderwater, omdat 
modderwater meer sonlig weerkaats. Vogtige grondoppervlaktes vertoon ook donkerder as sanderige grond. 

Plantegroei kan volgens die voorkoms daarvan op lugfoto's in twee tipes verdeel word: 

• Natuurlike plantegroei soos woude en grasvelde is maklik herkenbaar as gevolg van hul verspreide 
patroon. Borne het gewoonlik 'n donkerder tint. 

• Aangeplante boorde en verboude gewasse is ook maklik herkenbaar as gevolg van die reelmatige 
rye waarin dit voorkom. Die tint van 'n bewerkte land hang af van die hoogte van die plante. 'n 
Land met hoe mielieplante sal donkerder voorkom as 'n land met jong, klein mielieplante. Die hoe 
mielieplante absorbeer meer sonlig as die kleintjies. Bewerkte landerye vertoon ook gewoonlik soos 
'n lappieskombers van donker en ligte tinte. Hange wat na die son gekeer is, weerkaats meer lig en 
vertoon dus ligter as hange wat aan die suidekant van 'n berg gelee is. 

• Tekstuur van voorwerpe 

Dit dui op die algemene indruk wat voorwerpe maak en kan beskryf word as GLAD, FYN, GROF, RU of 
GESTIPPELD. Op lugfoto's het water en bewerkte landerye 'n fyn, gladde voorkoms. Struike en bosveld- 
plantegroei het 'n gestippelde voorkoms, terwyl onherbergsame bergreekse ru voorkom. 

• Skaduwees 

Lugfoto's word gewoonlik tussen 10:00 en 14:00 geneem wanneer skaduwees op hul kortste is. Skaduwees is 'n 
groot hulp by die uitken van voorwerpe. Skaduwees wat buitentoe val, dui gewoonlik op 'n hoerliggende area 
soos 'n heuwel, 'n berg of 'n hoe gebou. Skaduwees wat binnetoe val, dui op laagtes soos diep riviervalleie of 
uitgrawings. 

• Patrone 

As mens 'n lugfoto ontleed, is patrone baie insiggewend. Sekere patrone is kenmerkend van spesifieke 
voorwerpe of verskynsels. Bosveldplantegroei vertoon 'n willekeurige, verspreide patroon, maar sitrusboorde 
of wingerde sal 'n reglynige patroon he\ 

Die rangskikking van geboue en strate dui 'n tipiese stedelike nedersettingspatroon aan. Die ouer, sentrale 
sakekern sal 'n roosterpatroon he, terwyl die nuwer woonbuurtes eerder 'n konsentriese patroon sal vertoon. 

Daar is dus twee belangrike patroontipes wat op lugfoto's onderskei kan word: 



• die van die fisiese landskap, en 

• die van die kulturele landskap. 



75 

• Wenke vir die lees en ontleed van vertikale lugfoto's en ortofotokaarte 

• Merk die algemene patrone wat duidelik op die foto voorkom. Dit word gewoonlik gedoen deur aftrek- 
papier op die foto te plaas en die buitelyne van patrone daarop af te trek. Die name van die verskillende 
kenmerke word benoem. 

• Kyk goed na die vorm, grootte, skaduwee, tint en tekstuur van die samehangende kenmerke om voor- 
werpe uit te ken. 

• Stel sekere soorte vrae wat sal help met die ontleding van die foto: 

Reliefkenmerke 



• Is daar berge, heuwels en valleie? 

• Hoe steil is die hange? 

• Is daar riviere? 

• Hoe wyd is die riviervalleie of vlaktes? 

• In watter rigting vloei die rivier? 

• Is die rivier standhoudend of nie-standhoudend? 



Plantegroei 



• Watter soorte plantegroei kom voor? 

• Watter oppervlaktes is met natuurlike plantegroei bedek? 

Vervoerstelsels 

• Watter tipes vervoer kom voor? 

• Watter soorte paaie deurkruis die foto-oppervlakte? 

• Is die spoorlyne enkel- of dubbellyne? 

Boerdery 

• Word veeboerdery of verbouing van gewasse toegepas? Of albei? 

• Wat is die grootte van die bewerkte landerye? 

• Watter soorte gewasse word verbou? 

Nedersettings 



Watter soorte geboue is waarneembaar in die stedelike areas? 
Hoe lyk die plaasopstalle en buitegeboue se uitleg? 
Is daar nywerhede? Indien wel, watter soort? 



4.2.6 Aktiwiteit 1: 

4.2.7 Om inligting op 'n topografiese en ortofotokaart van die eie omgewing te 
identifiseer en te interpreteer 

4.2.8 [LU 1.4] 

• Jul onderwyser sal vir julle 'n 1:50 000 topografiese kaart en 'n ortofotokaart van jou area uitdeel. 
Probeer om die kennis wat jy in die voorafgaande bladsye opgedoen het toe te pas deur jou onderwyser 
se vrae te beantwoord. 



76 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 

4.2.9 Aktiwiteit 2: 

4.2.10 Om 'n probleem op 'n ortofotokaart te identifiseer en dit met die werk- 
likheid te vergelyk 

4.2.11 [LU 1.4, 1.5] 

• Werk eers individueel en dan in julle groepe en poog om 'n probleem uit te wys soos dit op die ortofo- 
tokaart van jul omgewing voorkom. Indien daar geen werklike probleem bestaan nie, kan julle 'n poten- 
siele probleem probeer identifiseer. Dink byvoorbeeld aan moontlike vloede of oorstromings, grondver- 
skuiwings, brandgevaar, erosie, behoefte aan opgaardamme, swak pad-/straatbeplanning, ensovoorts. 
Doen 'n oplossing vir die probleem aan die hand. 



4.2.12 

4.2.13 Aktiwiteit 3: 

4.2.14 Om tydens 'n veldwerkuitstappie 'n geidentifiseerde probleem te onder- 
soek en 'n verslag daaroor te skryf 



4.2.15 [LU 1.6] 



• Julie onderwyser sal, indien moontlik, vir julle 'n veldwerkuitstappie reel om 'n besoek te bring aan 
'n terrein waar so 'n geidentifiseerde probleem voorkom. Samel inligting in deur gebruik te maak van 
kaarte, sketse, foto's, ens. Elke groep moet na afloop van die uitstappie 'n verslag opstel waarin ook 
'n moontlike oplossing vir die probleem voorgestel word. Skryf die verslag in die spasie hieronder. 

VELDWAARNEMING 

Ligging: 

Probleem:: 

Hulpmiddels gebruik in ondersoek: 

Bevinding: 

Voorstel om probleem op te los: 

Name van groeplede: 

4.2.16 Assessment 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om 
aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. 



continued on next page 



77 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 'n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir 'n ondersoek identifiseer [vind 
bronne]; 



1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en 
interpreteer [werk met bronne]; 



1.3 afstande op aardbolle, atlasse en kaarte meet deur lynskale te gebruik [werk met bronne]; 



1.4 plaaslike kaarte en/of ortofotokaarte gebruik om ligging te bepaal en die vraagstuk en die konteks 
daarvan te ondersoek (vergelyk met veldwaarnemings) [werk met bronne]; 



1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo- 
ord]; 



1.6. verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme 
en grafika; waar moontlik, rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra]. 



Table 4.4 
4.2.17 

4.3 Rigting en kontoerlyne 3 

4.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 

4.3.2 Graad 7 

4.3.3 KAARTWERK 

4.3.4 Module 12 

4.3.5 RIGTING EN KONTOERLYNE 

1. Rigting 

Daar is vier hoofrigtings, maar tussen die vier hoofrigtings is daar sekondere en tersiere rigtings. Maak 
seker dat jy daarmee vertroud is en bestudeer die meegaande figuur. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m31559/l.l/>. 



78 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 




Figure 4.1 



Hoofrigtings 



NW 



sw 



NO 




Figure 4.2 



Sekondere rigtings 



79 



NNW NNO 



WNW 



wsw 




0N0 



0S0 



Tersiere rigtings 

2. Kontoerlyne 

Wat is 'n kontoerlyn? 

• Dit is lyne wat plekke, wat op dieselfde hoogte bo seevlak gelee is, met mekaar verbind. Deur na die 
patrone van kontoerlyne te kyk, kan jy baie inligting oor 'n gebied se eienskappe bekom. 

Kenmerke van kontoerlyne 

• Elke kontoerlyn sluit by homself aan en vorm dus 'n geslote lyn. 

• Kontoere kruis of sny mekaar nooit nie of verdeel ook nie in twee nie. 

• Die enigste geval waar kontoere mekaar raak, is wanneer hulle 'n loodregte vorm soos 'n krans of 'n 
waterval voorstel. 

• Die verskil in hoogte (of toename tussen twee opeenvolgende hoogtelyne) is konstant. Hierdie verskil 
in meter staan bekend as die vertikale tussenruimte. 

• Die kontoer se hoogte in meter word by 'n onderbreking in die lyn (of net bokant die lyn) geskryf. 

• Elke vyfde kontoerlyn is duideliker (of dikker) geteken. Waar die vertikale tussenruimte 20 meter is, 
word die duideliker lyne as 300 meter en 400 meter aangedui; die ander tussen-in word ligter aangedui. 

• Wanneer daar 'n baie steil helling is, is die kontoere baie naby aan mekaar geteken. As dit 'n helling 
is wat geleidelik styg, is die kontoere deurgaans ver uitmekaar. 



4.3.6 Aktiwiteit 1: 
4.3.7 

4.3.7.1 Om die simbole op 'n topografiese kaart te verstaan 

4.3.7.2 [LU 1.4] 

• Bestudeer hierdie gedeelte van Ceres se 1:50 000 kaart. 



80 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



Aktiwiteit 1.6 


Om die simbole op 'n topografiese 
kaart te verstaan 


LU 

1.4 























Table 4.5 




1:50 000 



"^ 



_IO0O 



Figure 4.4 



81 



Verklarimg 



RE FERE MCE 



litenai-aia^ C'ense 

Rmftislde Glass 

VeafrauJge Spaatjn 

En« Saaaryn 

Ges?e<t*f.E<?sr'JE: Ssatryi.... 

STaiDaart>ne 

2 eiE-E-Daartyn 

-uTh^ireaspaae 

Gf'Hlsjaae 

Saandae Pa* 

Aal¥ Paae 



...n&'Tat-na au-Kla-eE- 

^ii'xa ao^tla'ii 

..M its^Tazt. Ra '.vaji 

S-vg eT r .K< '■& ways 

EErt'Ted Ra ways 

..Nan™ Gajg-; =U ways 

fevvs: Ra "iVays 

Afa Ra ways 

yai Rials 

Secanday Rjods 

.OUa Roads 



EXMwePaaa ai Vaelpa* 

Kraghms 

Taaatrtyiie 

^EtEPlfcre, ^1 i 8E.13E. -EvE. -^1 -KKfe 

W ie;, -ofe -5, Soa en 
Sate van AansJlTj 

Uulafcigsai SeEwartgle 

SHvaadflateiB 

T' g. 3a<5is ; \itt2t fags ai haogle aida) 



<4J 



Tracts and rootaans 

Romanies 

.TateSraK Jnes 

P061 Oltoea, Pdce SlatiB and ^jsts 

:-:: ee -::zE :■::: e ="3 

daces of wtsHd 

Jgrptnuses ad Hans --gils 

Mani; 3aa:Tis 

THg.BaaaiB(lftmliartflrigrflaid Hag HI dam 1 ) 



Figure 4.5 



82 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



Verklaring 



RE FERE MCE 



■33^ 



:3= = 



n Jlr5 

MamjT€ffla 

I =s3<e 

WTidaiTS-5 

Uae 

Grand KwartngswaK 

Ulkjrairtiga. 

Slandri aj-de id^ waler 

\ Mtii] t: idend-; water .. 

I'OS^aTH 

-■3Tla •>;, wate-gate in =• jii-a . 
Moaasse ai \He 

Pf'SftTK 

-■Sit ad* suite 

P'.yr TiTte < csarKe 

Terrace 

BewaMe Lands 

Bands en Wlngerde 

3dTi SH 3J5. 



'.'33"'=: 




!! :.:;: 



ns and G'und S g Ti 

Mite 

Monuirsnte 

Ctpafcig Tarns 

Wlrctir*; 

Wafe 

Aif^sraslidi Wall* 

Excavators 

-3 3" 3 "',''3:3' 

..Non-paailal Water 
Giy Bare 



..Spitigs.WateJtirJes and WeK 
..MawBS-.SwaTK and &^ 

RlpeBies 

Rtnta Cents* 

nran-ftial RacK CUfnaps 

Terraos* 

Ctftvatsd jnd* 

Crdatisand VbEfa&s 

T'SSiand 3j*H 



Figure 4.6 



1. Beantwoord nou die volgende vrae: 

a) Hoeveel stasies en sylyne word aangedui? 

b) Word hierdie dorp deur 'n enkel- of dubbelspoor bedien? 

c) Noem die naam van die rivier wat deur die dorp loop. 

d) Noem die naam van die rivier wat in die Ceresdam vloei. 

e) Hoeveel afsonderlike woongebiede word aangetoon? 

f ) Hoe hoog is die hoogste piek in die Witsenberg? 

g) Bepaal die afstand tussen die polisiestasie en die sylyn (stasietjie) Skoonvlei. 

h) Verduidelik hoekom die kontoere in die omgewing van die Aartappelrivier (noord van die dorp) ver 
van mekaar is, terwyl dit suidwes van Ceres weer baie naby aan mekaar gelee is. 

Hierdie topografiese kaarte word nie in atlasse gevind nie. Jy kan dit bestel vanaf die Staatsdrukker in 
Pretoria, waar dit deur kartograwe geteken word vanaf vertikale lugfoto's en ortofotokaarte. 



4,3.8 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



continued on next page 



83 



LU 1 

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om 
aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 'n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir 'n ondersoek identifiseer [vind 
bronne]; 



1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en 
interpreteer [werk met bronne]; 



1.3 afstande op aardbolle, atlasse en kaarte meet deur lynskale te gebruik [werk met bronne]; 



1.4 plaaslike kaarte en/of ortofotokaarte gebruik om ligging te bepaal en die vraagstuk en die konteks 
daarvan te ondersoek (vergelyk met veldwaarnemings) [werk met bronne]; 



Table 4.6 



4.3.9 Memorandum 

Aktiwiteit 1: 
1. 

a) 4 

b) Enkelspoor 

c) Dwarsrivier 

d) Koekedourivier 

e) Hoofdorp, tweede direk oos van hoofdorp, derde noordoos van hoofdorp Nduli. 

f) Slab Peak 1 392 m 

g) 6,2 cm x 50 000 = 310 000 cm 4- 10 000 = 3,1 km 

h) Aartappelrivieromgewing is gelee in die bree plat riviervallei, waar kontoere ver van mekaar gelee is 
om 'n plat helling voor te stel. Die suidweste is 'n hoer, bergagtige area wat steil berghellings het. Die 
kontoere is dus naby aan mekaar gelee. 



84 ATTRIBUTIONS 

Attributions 

Collection: Aardrykskunde Graad 7 

Edited by: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/colll020/l-l/ 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Oorstromings/vloede" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24409/Ll/ 

Pages: 1-4 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Tropiese siklone" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24418/Ll/ 

Pages: 4-10 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Aardbewings" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24419/Ll/ 

Pages: 10-17 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Vulkane" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24420/Ll/ 

Pages: 19-25 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Droogtes" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24421/Ll/ 

Pages: 25-31 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Faktore wat groei en verandering beinvloed" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24445/Ll/ 

Pages: 32-39 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



ATTRIBUTIONS 85 

Module: "Hoekom mense migreer" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24443/l-l/ 

Pages: 41-49 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Hoe is die demografie van die wereld op die langtermyn deur migrasie beinvloed" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24463/l-l/ 

Pages: 50-56 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGS" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24461/l-l/ 

Pages: 56-67 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Die lees, ontleding en vertolking van topografiese kaarte" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24464/l-l/ 

Pages: 69-72 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Die lees, ontleding en vertolking van topografiese kaarte" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24612/l-l/ 

Pages: 73-77 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Rigting en kontoerlyne" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m31559/Ll/ 

Pages: 77-83 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



About Connexions 

Since 1999, Connexions has been pioneering a global system where anyone can create course materials and 
make them fully accessible and easily reusable free of charge. We are a Web-based authoring, teaching and 
learning environment open to anyone interested in education, including students, teachers, professors and 
lifelong learners. We connect ideas and facilitate educational communities. 

Connexions's modular, interactive courses are in use worldwide by universities, community colleges, K-12 
schools, distance learners, and lifelong learners. Connexions materials are in many languages, including 
English, Spanish, Chinese, Japanese, Italian, Vietnamese, French, Portuguese, and Thai. Connexions is part 
of an exciting new information distribution system that allows for Print on Demand Books. Connexions 
has partnered with innovative on-demand publisher QOOP to accelerate the delivery of printed course 
materials and textbooks into classrooms worldwide at lower prices than traditional academic publishers.